Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-31°CVoorspellings |
|
Gaan dan hel toe - Lenyibi
KIMBERLEY. – Die mense wat teen die beplande nuwe Northgate-ontwikkeling hier is, kan “hel toe gaan”. “As ’n wit maatskappy ’n gholflandgoed wil ontwikkel, sal jy niks hoor nie. Noudat ’n swart maatskappy ontwikkeling wil doen, het mense probleme,” het mnr. Patrick Lenyibi, burgemeester van die Sol Plaatje-stadsraad, gister hier op ’n nuuskonferensie gesê. Dié beplande residensiële ontwikkeling is naby die kunsmatige broei-eiland van die kleiner flaminksoort van Kamfersdam – die grootste permanente bevolking van dié flaminke in die land en een van net ses broei-plekke ter wêreld. Sy nuuskonferensie kom nadat ’n webwerf, www.savetheflamingo.co.za, veroorsaak het dat die moontlike lot van dié flaminke oor die land heen bekend geword het. Kommer bestaan ook oor die watergehalte van Kamfersdam. Bogenoemde webwerf sê met ’n besoek op 25 Junie aan die Home-vale-rioolaanleg is gevind die grootste deel van die aanleg is nie operasioneel nie en van die infrastruktuur werk nie. “ ’n Hoë volume van uiters swak gehalte (rou) riool vloei nou in Kamfersdam in.” Van die flaminke het letsels aan hul bene. Lenyibi het gesê die munisipaliteit sal dom wees om nee te sê vir ’n ontwikkeling van R2 miljard omdat dit flaminke se lewe bedreig. Die Northgate-ontwikkeling én die flaminke is belangrik vir die munisipaliteit. Die indruk word nou geskep dat die munisipaliteit en die Noord-Kaapse departement van toerisme nie vir die flaminke omgee nie. Hy het gesê die stelling dat die geraas die flaminke sal pla, het nie sin nie. Toe die casino naby Kamfersdam gebou is, het niemand gekla nie. Lenyibi het beklemtoon dié ontwikkeling sál voortgaan. Niemand sê iets oor die treine wat ses tot agt keer per dag hier verbyry nie. “Die flaminke sal nie doodgaan nie. Hulle is hier om te bly. Ontwikkeling kan nie weens die flaminke weggejaag word nie.” Hy het gesê dit is toeval dat die flaminke se bene geswel is noudat hier ’n ontwikkeling kom. Daar is gekwalifiseerde mense om dié probleem van die flaminke uit te sorteer. “Dit is my verantwoordelikheid om my hond na die veearts te neem as iets met sy been fout is.” Lenyibi het gesê geen rou riool word in Kamfersdam gepomp nie. Die Homevale-rioolaanleg se vermoë is 30 megaliter per dag, maar dit hanteer nou 40 megaliter. “As die flaminke ’n probleem gehad het, sou hulle lankal gemigreer het. Hulle het self hierheen gevlieg. Niemand het hulle hierheen gebring nie. “Die mense wat so hieroor raas, maak of die voëls belangriker as duisende werkgeleenthede is,” sê Linyibi.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|