Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 13-30°CVoorspellings |
|
Al 3 kinders van paar sterf
BETHLEHEM. – Al drie kinders van ’n Paarlse egpaar is op slag dood in ’n botsing teen ’n vragmotor op die N5-hoofweg buite Bethlehem. Sers. Mmako Mophiring, ’n polisiewoordvoerder, sê die gesin het in hul motor ’n U-draai gemaak en vermoedelik nie die aankomende vragmotor, wat na Botshabelo op pad was, gesien nie. Die egpaar, mnr. Danie Steenkamp (48), ’n welgestelde sakeman, en sy vrou, Mandie (46), sal nou na ’n leë huis moet terugkeer. Marike (19) was ’n tweedejaarstudent aan die Universiteit van Stellenbosch, Sanika (15) ’n gr. 9-leerling aan die Hoër Meisieskool Paarl en Daniel (12) ’n gr. 7-leerling aan die Private Skool Simond. Die Steenkamp-gesin, wat saam met vriende, ook van die Paarl, in Lesotho met vakansie was, het Donderdagaand saam met die vriende en familie van Reitz by die Frontier Inn & Casino, buite Bethlehem, se Spur-restaurant gaan eet. Die Steenkamp-gesin sou die aand saam met hul vriende, wat ook drie kinders het, in die Brandwag-hotel op Golden Gate oorgeslaap het. Hulle sou die volgende dag terugkeer na Lesotho, waar hulle al sowat ’n week by die Katse-dam vakansie gehou het. Mnr. Riaan Gerritsen van Reitz (hul swaer) wat agter die egpaar gery het, sê: “Danie, wat voor gery het, het die afdraai na Clarens, om Golden Gate toe te gaan, gemis. Hy het daarna die U-draai gemaak.” Die vragmotor het die wit Toyota Prado getref en al drie die kinders is op slag dood. Volgens die Steenkamps se vriende, wat ook die ongeluk sien gebeur het, het die drie kinders saam met ’n CD gesing toe hulle gesterf het. Mnr. Hennie Morkel, ’n paramedikus van Netcare 911, was een van die eerste nooddiensbeamptes op die toneel. “Ons sien baie grusame goed, maar daar is niks so erg soos kinders nie. Amper almal van ons wat op die toneel was, was hoogs emosioneel omdat ons self kinders het. Baie mense het geknak op die toneel.” Nóg die Steenkamp-egpaar, nóg die vragmotorbestuurder is ernstig beseer. Mev. Steenkamp is in die Hoogland-Medi-Clinic op Bethlehem opgeneem, maar is reeds gisteroggend ontslaan. Mnr. Steenkamp is nie ernstig beseer nie en is nie in die hospitaal opgeneem nie. Die Steenkamps woon op ’n kleinhoewe in Simondium buite die Paarl. Die egpaar bedryf die onderneming Cape Basic Products, die hoofkantoor van 46 Savers’ Lane-winkels in die Wes- en Suid-Kaap.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|