Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Prinse gaan op motorfietse deur SA ry
Prinse William en Harry beoog om later vanjaar ten bate van vigswesies meer as 1 600 km op motorfietse deur Suid-Afrika en Lesotho te ry.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           7-29°C

Voorspellings

O’Sullivan eis R42,6 m. van Selebi
Jul 05 2008 12:55:49:773AM  - (SA)  
Msimelelo Njwabane



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – Mnr. Paul O’ Sullivan, vorige veiligheidshoof van die lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa), dagvaar mnr. Jackie Selebi, nasionale polisiehoof, vir ’n allemintige R42,6 miljoen vir “beroepsbenadeling”.

Dít nadat swak sekuriteit by Suid-Afrika se lughawens onthul is.

O’Sullivan was instrumenteel in die Skerpioene-ondersoek wat daartoe gelei het dat Selebi weens bedrog, korrupsie en regsverydeling aangekla is.

Benewens Selebi, dagvaar O’ Sullivan ook mnr. Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, en me. Monhla Hlahla, uitvoerende hoof van Acsa.

O’Sullivan beweer die drie het teen hom saamgespan om hom sy pos by Acsa te laat verloor.

Dít kom nadat hy ’n sekuriteitskontrak vir Khuselani Security and Risk Management gekanselleer het.

As gevolg hiervan is hy werkloos, sy reputasie geskend en het hy ’n totale skade van R42,6 miljoen gely, beweer O’ Sullivan.

Só lyk ’n uiteensetting van sy eise:

  • R36,6 miljoen vir die verlies aan toekomstige verdienstes;
  • R4 miljoen vir die verlies van reputasie;
  • R2 miljoen vir emosionele pyn en skade.

    Me. Sally de Beer, polisiewoordvoerder, het bevestig hulle het die dagvaarding ontvang en gaan voortgaan wanneer hulle dit klaar bestudeer het.

    Nóg Acsa, nóg Nqakula het al die dagvaarding ontvang.

    Mnr. Solomon Makgale, Acsa-woordvoerder, het gesê hulle gaan slegs kommentaar lewer wanneer hulle die dokumente in hul besit het.

    Ook mnr. Trevor Bloem, Nqakula se woordvoerder, kon nie bevestig dat hulle dit al ontvang het nie.

    “Ek dink dit sou eers na die staatsaanklaer, mnr. Seth Nthai, gaan voordat dit ons bereik,” het hy gesê.

    O’Sullivan beweer in sy beëdigde verklaring dat Selebi en Hlahla met mekaar saamgespan het om hom in die openbaar in die skande te steek.

    Hy beweer verder dit was weens Selebi se inmenging dat Hlahla hom onwettig afgedank het en hom dus aan “beroepsbenadeling” blootgestel het.

    Hy sê Nqakula en Selebi het in hul onderskeie pligte misluk om die nodige beskerming deur middel van wette en strukture aan hom te verskaf.

    Dié wette en strukture is ontwerp om beskerming te verleen in situasies waar hy onthullings in terme van oortredings in lugvaartsekuriteit by ’n nasionale sleutelpunt gemaak het.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Werksgeleenthede
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer