Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA verwelkom konvensie van ANC-wegbreekgroep
Die DA het laat weet dat dit die nasionale konvensie van die ANC-wegbreekgroep sal bywoon.
Skiet die Bok en kry klaar, sê Naas
As hulle die Springbok wil skiet, moet hulle dit nou doen en klaarkry.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           15-30°C

Voorspellings


Fees klaar vuurwarm
Jul 08 2008 10:41:17:977PM  - (SA)  
Feesspan



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Kaartjies vir die Volksblad-kunstefees het gister gevlieg en mense sal moet wikkel om vir produksies te bespreek.

Meer as 1 500 kaartjies is net gister verkoop, terwyl die feesterrein op die Kovsie-kampus ondanks ’n koue windjie druk besoek is.

Albei vertonings van die gewilde sanger Chris Chameleon vanaand in die Sand du Plessis-teater is lankal reeds uitverkoop.

Die biertent by die Blêrkas was gisteraand vol plesierige feesgangers waar kunstenaars hulle vermaak het.

Die ander topverkopers op die fees is Groet die Grotvrou (1 425 kaartjies), Sophia Mentz beredder haar boedel (1 119), Liewe Heksie (1 107), ’n Lang dagreis na die nag (999), Aspoestertjie (817), Die begrafnis (724), Wyk 14 (720), David Kramer (663), Amanda Strydom (581) en Coenie de Villiers (552).

Dit is duidelik dat feesgangers die hitte van die warm, gerieflike feesteaters in die koue Bloemfontein opsoek.

Die minimum temperatuur vanoggend was net bo vriespunt en die maksimum beloof om by 14 grade te draai.

Hoewel koue ook vir die res van die week voorspel word, is daar mooi warm klere soos jasse teen billike pryse op die kunstemark te koop.

Sop, pannekoek en warm sjokolade sal ook die koue vir feesgangers verdryf.

Heerlike warm eet- en drinkgoed is oral op die feesterrein beskikbaar. Van die koffiekroeë is in verhitte geboue.

Die Boekeloer se boekstalletjies is ook van die warm, gewilde plekke wat feesgangers druk besoek het.

Wikkel vandag nog om kaartjies vir die puik produksies te koop en deel in die wintervreugde.

- Die fees word vandag om 13:00 amptelik in die Volksblad-tent geopen.

Op die opening word vanjaar se wenstalletjies ook aangewys.

In die Volksblad-tent kan feesgangers daagliks kom ontspan en voete laat rus. Hier is bekostigbare kos, gratis koffie en tee en op die verhoog is al om die uur vermaak om in almal se smaak te val.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer