Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Cosatu dreig in NK
KIMBERLEY. – “Dit is net die begin van groot dinge. Cosatu is vasberade om dié provinsie tot totale stilstand te bring as aan van ons eise nie voldoen word nie.” Só het mnr. Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van die vakverbond Cosatu, gister hier gesê toe meer as 1 000 mense aan ’n groot Cosatu-optog teen prysverhogings deelgeneem het. Die optog het bestaan uit mense op fietse en te voet wat plakkate rondgeswaai het en baniere van talle vakbonde gedra het. Van die polisielede het op perde gery en onder die optoggangers was verskeie bekende politici en ANC-lede van die Noord-Kaapse wetgewer en die Sol Plaatje-stadsraad. Die plakkate het vertel van mense se ontevredenheid oor die koste van kragonderbrekings wat die armstes nie wil dra nie; die groot bonusse wat Eskom se senior bestuur kry; prysverhogings; afdankings en armes wat nie vir die Eskom-krisis moet betaal nie. Vavi het gesê hulle erken die kragkrisis in die land, maar die werkers en die armes moenie die mense wees wat dit moet dra nie. Die armes het nie die geld vir die verhoging van 27% in die prys van krag nie. Die senior bestuur van Eskom en ministers het die kragkrisis veroorsaak. Hy het gesê: “Ons is hier by die streekhoofkantoor van Eskom om ’n beroep op die regering te doen om namens die arm gemeenskappe op te staan en hulle teen die verhoging van 27% te beskerm.” Vavi het gesê Vrydag is met werkgewers gepraat en hulle kan nie die wegblyery en die onderbreking in die ekonomie bekostig nie. Hulle het gevra dat net in etenstye demonstrasies gehou word. “Ons het gesê hulle moet hulself gelukkig ag. Cosatu met sy miljoene lede is vreedsaam in die strate.” In ander lande het werkers vensters gebreek sodat die armes kos in die hande kon kry. “Ons druk ons woede oor pryse op die mees gedissiplineerde manier uit. Ons is kwaad, maar op ’n ordelike manier.” ’n Noodtaakspan is aangewys om te kyk wat aan die kragkrisis in die land gedoen kan word. Vavi het gesê nie ’n enkele werker mag sy werk weens die gemors van die Eskom-hoofde en die foute van die ministers verloor nie. Hy het gesê as ’n enkele werker sy werk weens die kragkrisis verloor, eis Cosatu dat die ministers en hul kollegas en raadgewers wat dié krisis veroorsaak het, hulle werk moet verloor. Hy het gesê kos word toenemend onbekostigbaar vir talle mense. “Ons kan nie meer kos vir ons kinders bekostig nie. Die regering vir wie ons gestem het, moet ons uit die dieper vlakke van armoede red.” Cosatu eis in die versoekskrif onder meer dat verseker word dat die koste van krag vir arm gemeenskappe laag bly; dat die regering ’n aansienlike geldelike bydrae maak vir nuwe beleggings in die opwekking van krag en energie-besparende apparate en subsidies om te verseker die armes word nie benadeel nie. Die versoekskrif sê die mynbedryf kan nie opgeoffer word in ’n poging om die krisis te bestuur nie. Die kriteria moet dringend hersien word om kragonderbrekings by hospitale, nooddienste en ander noodsaaklike dienste te vermy.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|