Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-31°CVoorspellings |
|
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Skokgolwe trek deur die geledere van die polisie in die Vrystaat nadat dit bekend geraak het dat ’n senior offisier in die provinsie met 22 jaar diens en ’n skoon rekord ontslaan is omdat hy ’n vloekwoord voor ’n meer senior offisier gebruik het. Dié straf wat supt. Gary Wrensch van die provinsiale inligtingsstelselbestuur in Bloemfontein gistermiddag opgelê is omdat hy die F-woord voor sy direkte hoof gebruik het, is skokkend onvanpas, het adv. André Gerber, regsadviseur van die Suid-Afrikaanse Polisie-unie in die Vrystaat, Wes-Kaap en Kwazulu-Natal, gister gesê. Almal om die tafel was stomgeslaan en niemand kon dit glo toe sr.supt. Phule Solo, die voorsittende beampte van Thabong, in die dissiplinêre verhoor sy straf oplê nie. Gerber, wat vir Wrensch opgetree het, sê die uitdrukkings op almal se gesigte was dié van ongeloof. Selfs kommissarisse gebruik dié woord. As almal in die polisie wat vloek, aangekla word, gaan daar nie meer polisie wees om die werk te doen nie. Gerber sê hy het kennis van appèl gegee en Wrensch is dus nou met volle voordele net geskors, hangende die appèl. Komm. Amos Mashigo, provinsiale kommissaris, moet ook eers die straf bekragtig, voordat dit amptelik van krag is. Wrensch was van twee aanklagte, met ’n klomp altenatiewe, aangekla. Ná ’n gesprek is besluit dat hy net oor die vloekwoord aangekla word, waarop hy erken het dat hy die woord gebruik het. Gerber het betoog dat Wrensch net gewaarsku word. Supt. Eduan Kruger, namens die polisie, het gevra dat hy met R100 of R200 beboet word. Nadat hy eers geruime tyd gaan dink het, het Solo hom afgedank. - Volksblad verneem Wrensch het die F-woord in ’n gesprek gebruik toe hy in die teenwoordigheid van sy direkte hoof, sr.supt. Alfred Mokalake, met klerke gepraat het. Hy het die woord nie aan enigeen gerig nie. Blykbaar was reeds geruime tyd probleme met van die klerke se aantekenregister en is hulle daaroor aangespreek. - Mokalake was self vroeër vanjaar in die nuus toe mnr. Alex de Wet, ’n prokureur van Bloemfontein, ’n bevel in die Vrystaatse hooggeregshof teen hom gekry het, wat Mokalake verbied om naby hom te kom. Dit het gevolg op ’n steekwond wat De Wet opgedoen het terwyl hy Mokalake se vrou, Winnie, ook ’n senior superintendent in die polisie, na ’n balju vergesel het om ’n beskermingsbevel aan haar man te laat beteken.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|