Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Volksblad-lesers kan nou hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Egoli-feeks word mak
Egoli se über-feeks gaan binnekort 'n makker rol vertolk. Corine du Toit, beter bekend as Jane Edwards in Egoli, het 'n rol losgeslaan in 'n internasionale fliek.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           4-23°C

Voorspellings

Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
Jul 16 2008 10:52:01:050PM  - (SA)  
Hannatjie van der Merwe



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KIMBERLEY. – Die ANC-lede in die Sol Plaatje-stadsraad het pas vir ’n finansiële meevallertjie vir al die lede in dié raad gesorg wat saam uit derduisende rande bestaan, maar die DA-lede in dié raad gaan nie nou dié onverwagte tjeks wissel nie.

Oorbetalings vroeër aan raadslede wat oor ’n tydperk weer afgetrek is om vir die munisipaliteit terug te kry, word nou as “onreëlmatig” beskou en moet aan die raadslede teruggegee word.

’n Verhoging in raadslede se salarisse is in 2006 vinnig deurgedruk en die te veel-betalings was toe glo weens verkeerde berekeninge.

’n Inligtingstuk aan raadslede sê die terugverhaling van die geld wat te veel betaal is, het in Oktober 2006 begin, maar het in die daaropvolgende Desember en Januarie nie voortgegaan nie omdat raadslede gevra het dit moet so gedoen word omdat van hulle die geld nodig gehad het.

In Februarie 2007 het van die raadslede gevra dat hul totale uitstaande bedrae van hul bonusse afgetrek word. In Junie 2007 is alle aftrekkings gestaak omdat die oorbetalings “gerehabiliteer” was.

Mnr. Lawrence Matsekete, ANC-raadslid, het nou in ’n dringende mosie op ’n stadsraadsvergadering gevra dat “ongemagtigde” aftrekkings vroeër van raadslede se salarisse weer aan hulle terugbetaal word.

Die motivering van die mosie lui: “Een of ander tyd in 2006 is raadslede te veel betaal en dié geld is daaropvolgend afgetrek.”

Matsekete het gesê dié aftrekkings was “onreëlmatig” en daar was geen raadsbesluit hieroor nie; die betaling was nie ongemagtigde uitgawes nie; en dat al die verkeerde aftrekkings dadelik aan raadslede herbetaal word.

Mnr. Ronnie Bauser, DA-raadslid, het gesê daar moet eers gekyk word wat is die situasie voordat moontlik verkeerdelik opgetree word, maar die plan is deurgedruk.

Raadslede het reeds boodskappe gekry om hul tjeks te gaan haal, hoewel die notule van dié vergadering nog nie een bekragtig is nie.

Die DA-raadslede sê hulle het raad gekry om nie hul tjeks te wissel voordat klaring hieroor gekry is nie. Hulle sê hulle is daar om die gemeenskap te dien, en nie te beroof nie.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer