Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
'Dubbelvisie' op matriekafskeid
Ses pare tweelinge van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, het saam-saam na hul matriekafskeid by Illanga Estate in Bloemfontein gegaan.
Heino geslaan totdat hy Afrikaans kon praat
Die akteur Heino Schmitt vertolk reeds ’n paar jaar die rol van Altus in 7de Laan. Hy vertel van sy lewe en toekomsplanne.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-31°C

Voorspellings


Polisiemanne voor oor korrupsie
Jul 23 2008 11:08:53:083PM  - (SA)  
Loraine Kalp



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

LADYBRAND. – Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.

Sers. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê vier lede is gisteroggend op parade by die Maserubrug-grenspos naby Ladybrand in hegtenis geneem.

Dit kom na maande se intensiewe ondersoeke deur die eenheid teen georganiseerde misdaad na die lede se beweerde korrupte bedrywighede. “Operasie Colt” het verlede November afgeskop.

Mbambo sê die operasie is deur die polisie begin nadat bewerings aan die lig gekom het dat polisiebeamtes teen ’n redelike vergoeding gesteelde voertuie na Lesotho deurgelaat het.

Die grenspos is die ingang na Lesotho se hoofstad.

Verlede Julie is polisiebeamptes van dieselfde grenspos weens soortgelyke bewerings in hegtenis geneem.

Mbambo sê die polisiebeamptes het gisteroggend op parade gestaan om die dag met hul werk te begin. Hulle was netjies in uniform geklee toe lede van die eenheid teen georganiseerde misdaad op die grenspos toegeslaan en die vier in hegtenis geneem het.

Sy sê polisie-agente is gebruik om met die beweerde korrupte polisiebeamptes transaksies te doen.

Twee inspekteurs, ’n sersant en ’n konstabel, tussen 33 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Die provinsiale kommissaris van die polisie in die Vrystaat, komm. Amon Mashigo, het hom sterk teen korrupsie uitgespreek.

“Ons sal voorgaan om korrupte beamptes uit die polisie te verwyder,” sê Mashigo.

Hy sê polisiebeamptes wat by korrupte bedrywighede betrokke raak, moet weet dat hulle nie daarmee sal wegkom nie.

Die polisiebeamptes sal vandag in die landdroshof op die dorp op aanklagte van korrupsie, diefstal van motorvoertuie en regsverydeling verskyn.

Teken in op Volksblad


Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer