Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 7-29°CVoorspellings |
|
Hof moet hoor of man pedofiel is
KIMBERLEY. – Die lot van ’n 70-jarige verkragter van ’n negejarige meisie van Barkly-Wes is moontlik in die hande van ’n deskundige getuie, wat moet bepaal of die skuldige ’n pedofiel is. Dit kan meebring dat die halfblinde grysaard die res van sy lewe agter tralies deurbring. Luidens verslae van mnr. Ricardo van Staden, maatskaplike werker, en mnr. F.A. Kros, korrektiewe beampte, is mnr. Daniël Tshabadira (70) van Kopangstraat 533, Mataleng, ’n eerste oortreder. Hulle sê sy gesondheid is “nie so goed nie”. Hulle het ’n kort gevangenisstraf of korrektiewe toesig voorgestel. Hierteenoor het dr. Mia du Plessis gister getuig haar kliniese bevinding is dat Tshabadira “redelike” gesondheid vir sy ouderdom geniet, wat hy in die tronk kan voortsit. Streeklanddros Sibusiso Hole het Tshabadira op 5 Maart op ’n aanklag van verkragting skuldig bevind. Tshabadira het skuld op die aanklag beken. In sy pleitverduideliking het Tshabadira onder meer gesê die Sondagmiddag in Junie 2006 het die klaagster se ma haar na hom toe gestuur om koffie te vra. Tshabadira het haar broekie uitgetrek en op sy rug op die bed gelê. Die klaagster het geweier toe hy wou hê sy moet op hom lê. Hy het toe opgestaan en op haar geklim. Kragtens ’n doktersverslag was die penetrasie net sowat 3 cm en die maagdevlies was nie geskeur nie. Du Plessis het getuig Tshabadira se hart- en asemhalingstelsel was nie van so ’n aard dat sy hom vir x-strale of harttoetse verwys het nie. Sy bloeddruk was normaal vir sy ouderdom. Indien Tshabadira gereeld primêre gesondheidsorg en menslike behandeling in die gevangenis kry, ondervind sy geen probleme met ’n vonnis van gevangenisstraf nie. Luidens Du Plessis se verslag ondervind Tshabadira wel voet-, been- en rugpyne en borsprobleme. Tshabadira het volgens Kros tekens van berou getoon. Hy verstaan nie hoekom hy dit gedoen het nie, aangesien die klaagster voor hom grootgeword het. Hy is spyt en skaam oor sy impulsiewe gedrag. Hole het gesê hy benodig verdere inligting voordat Tshabadira gevonnis word. Ingevolge die Strafproseswet moet Tshabadira lewenslank tronk toe gestuur word indien dwingende en wesenlike faktore nie verkry kan word nie om hom ’n ligter vonnis op te lê. Hole wil van ’n deskundige getuie verneem of Tshabadira verslaaf is daaraan om intiem met kinders te verkeer. Die verhoor is tot 11 Augustus uitgestel. Mnr. Mark Fletcher van die prokureursfirma Fletcher’s tree namens Tshabadira op. Mev. Marianne Botha kla aan.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|