Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-27°CVoorspellings |
|
Knap jou huis op met nuwe kompetisie
Volksblad bring vandag goeie nuus vir sy lesers: ’n Splinternuwe kompetisie, genaamd Beter, Beste & Grootste, in samewerking met Builders Warehouse begin op 1 Augustus. Die kompetisie se naam sê dit duidelik: Jy sal ver soek om ’n Beter leserskompetisie te kry, en boonop is dit die Beste en die Grootste in sy soort wat Volksblad nog aangebied het. As jy moeg is vir jou ou badkamer, kombuis of tuin, moet jy Beter, Beste & Grootste nie misloop nie. En as jy daaglikse wenpret soek, ook nie! Dit werk so: Die eerste groot prys op die spel vir die eerste been van die kompetisie wat in Augustus beslis word, is ’n splinternuwe badkamer ter waarde van R25 000. Deelnemers moet die inskryfvorm wat van Vrydag 1 Augustus af daagliks in die koerant verskyn, voltooi, uitknip en saam met ’n foto van hul badkamer en ’n volledige motivering van nie meer as 40 woorde nie oor waarom hulle dink hulle ’n nuwe badkamer verdien, instuur. Daar sal elke Vrydag vir die duur van die kompetisie twee finaliste aangewys word, wie se foto’s en motiverings in Volksblad gepubliseer sal word. Aan die einde van Augustus sal die uiteindelike wenner van ’n opgeknapte badkamer uit die maand se agt finaliste aangewys word op ’n prysuitdelingsgeleentheid in Builders Warehouse in Bloemfontein wat op die eerste Saterdag van September sal plaasvind. Nou die daaglikse wenpret: ’n Nuwe vraag sal elke dag op dieselfde inskrywingsvorm verskyn waarop die antwoord per SMS gestuur kan word. ’n R500-prys sal elke dag in hierdie SMS-kompetisie gewen kan word. Daar sal ook weekliks wenners aangewys word wat R1 500 kan wen deur te stem vir die reeds aangewese badkamer-finaliste. En hierdie is maar net die begin: September is Builders Warehouse se verjaardagmaand waarin allerhande verrassings op lesers wag, maar waaroor ons eers later die sluier sal lig. In Oktober kom ’n nuutopgeknapte kombuis van R35 000 aan die beurt vir die wenner van daardie maand se kompetisie, en in November is die groot prys ’n gedaanteverwisseling van R25 000 vir die wenner se tuin. In Oktober (kombuis) en November (tuin) sal die kompetisie dieselfde formaat hê as Augustus s’n, soos hierbo uiteengesit. Koop jou Volksblad daagliks om seker te maak jy mis niks van die wenpret nie. En hou jou koerant fyn dop vir verdere aankondigings hieroor.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|