Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-31°CVoorspellings |
|
Mense in ouer VSA-buurte
is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word. Dit is omdat ouer woonbuurte in dié land meer gerig is op voetgangers as nuwe woonbuurte wat motorvriendelik ontwerp is. Só het navorsers in Utah in ’n studie bevind. Hulle het na die sensusdata van byna 500 000 inwoners van Salt Lake City van 2000 gekyk. Die wat in die voetgangervriendelike woonbuurte gewoon het, was maerder as diegene in nuwer buurte. Die ouer woonbuurte was meer digbevolk en ontwerp sodat voetgangers maklik daar kon loop en van daar verskillende bestemmings kon bereik. Die woonbuurte was dikwels voor 1950 ontwerp. Die navorsers sê meer woonbuurte behoort ontwerp te word wat dit makliker maak vir oorgewig mense om hul leefstyl te verander. Die studie onder mense tussen 25 en 64 het getoon dat mans van gemiddelde lengte sowat 4,5 kg minder weeg as hulle in voetgangervriendelike woonbuurte woon. Vroue het sowat 3 kg minder geweeg. In 2003 tot 2004 was sowat 70% van Amerikaanse mans en 61% van vroue oorgewig. Die navorsers voorspel teen 2030 sal minstens die helfte van alle geboue se konstruksie ná 2000 plaasgevind het. Hulle meen stadsbeplanners en argitekte het ’n plig om woonbuurte te ontwerp wat mense ontmoedig om motors te bestuur. “Mense stap graag wanneer daar ander stappers is, hulle dit maklik kan doen, die paaie dit toelaat en hulle iewers kan uitkom,” het mnr. Ken Smith, ’n demograaf wat met die navorsing gehelp het, in ’n verklaring van die Universiteit van Utah gesê. Mnr. Derik Cronjé van SFP Townplanning het gister gesê Suid-Afrikaanse ontwikkelaars fokus deesdae meer op sogenaamde leefstyldorpe wat meer voetgangervriendelik is. Beligting kry ook meer aandag om misdadigers af te skrik. “Dit (die uitleg van die dorpe en beskikbaarheid van gimnasiums en supermarkte daarbinne) het waarskynlik meer met gewildheid te doen as mediese redes.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|