Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-31°CVoorspellings |
|
Selfoonrower van Kimberley swaar gestraf
KIMBERLEY. – Selfs ’n jeugdige selfoonrower moet swaar gestraf word, want dit is ’n uiters ernstige oortreding om ’n landsburger in ’n pad voor te lê en sy besittings met geweld te vat. Roof is ’n baie erger misdryf as die blote diefstal van goed. Dié vergryp moet só gestraf word om te verhoed dat gemeenskappe eie reg gebruik. Só het streeklanddros Danie Schneider gister gesê voordat hy mnr. Gordon Tlhatswane (18) van Galeshewe tot twee jaar korrektiewe toesig met streng voorwaardes weens die roof van ’n selfoon en R200 gevonnis het. Tlhatswane het mnr. Elias Mogomisa op 21 Augustus verlede jaar in Galeshewe beroof. Schneider het gelas Tlhatswane moet die hele vonnis in huisarres uitdien. Tlhatswane word verder onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. Schneider het by vonnisoplegging gesê Tlhatswane het ’n baie moeilike gesinsagtergrond. Sy ma is dood en sy pa “afwesig”. Sy oupa versorg hom. “U aanvaar nie maklik gesag nie. As u berispe word, bly u weg van die huis af. “U het skuld beken. Dit is ’n teken van berou. Ek neem verder in ag u is ’n eerste oortreder en dat u jonk is.” Schneider het gesê Tlhatswane het beplan om ’n luukse artikel (die selfoon) te roof sodat hy dit aan iemand anders kon verkoop. Regstreekse gevangenisstraf kos die belastingbetaler baie geld. Korrektiewe toesig sal ’n mate van beheer op Tlhatswane uitoefen en hom die kans bied om te rehabiliteer. “Een uit elke twee mense kom nie die voorwaardes na nie. Hulle word dan weer hof toe gebring. Dit is dan ’n goeie motivering om die oortreders tronk toe te stuur.” Schneider het gelas Tlhatswane moet elke maand 16 uur gemeenskapsdiens verrig. Hy moet misdaadvoorkoming- en ander terapiesessies bywoon. “Ek maan u om die voorwaardes stiptelik na te kom. As u slegs een keer afwesig is wanneer die korrektiewe beampte u huis besoek, is u in groot moeilikheid.” Mnr. Elmar Steyn, die aanklaer, het vroeër betoog dit is skokkend dat mense nie meer veilig is om in die straat te loop nie. Die meeste van die rowers is tussen 16 en 19 jaar oud. Buiten die waarde van ’n selfoon wat geroof word, verduur die slagoffer ongerief, want die foon en simkaart moet vervang word.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|