Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-24°CVoorspellings |
|
Gesoute aktrise in hospitaal
JOHANNESBURG. – ’n Groot gemis heers op die stel van die gewilde SABC2-sepie 7de Laan nadat die veteraanaktrise Trudie Taljaard met kanker in die hospitaal opgeneem is. Taljaard, ’n vryskutakteur, is ook een van die repitateurs op die stel van dié sepie. Haar mees onlangse rol was as Esther, die langverlore suster van matrone Netta Nortjé (Annelize van der Ryst). Destyds het Taljaard ook in die Morkels-advertensie naam gemaak as die “twee-jaar-waarborg-vrou”. Me. Malinda Nel, ’n vriendin en kollega van Taljaard gemoeid met rolverdeling op die stel, sê Taljaard is sowat twee en ’n half weke gelede met beenkanker gediagnoseer en in die hospitaal opgeneem. Sy is steeds in die hospitaal en ontvang bestraling sowel as chemoterapie. Sy was geruime tyd voor haar diagnose baie sieklik. Volgens Nel het Taljaard jare gelede borskanker gehad, maar was sy in remissie. “Ons mis haar. Dit is fantasties om haar op die stel te hê.” Nel sê dit gaan beter met Taljaard. Intussen het akteurs van die sepie, sowel as van Taljaard se vriende en kollegas uit die vermaaklikheidswêreld, besluit om ’n konsert te hou om geld in te samel om haar mediese koste te dek. “Ons is almal hartseer dat sy siek is en ons wil help waar ons kan,” sê me. Sara-Lea Wessels, ’n woordvoerder van Danie Odendaal Produksies. “Vryskutakteurs het dit nie altyd breed nie. “Baie min van hulle het ’n sieke-, pensioenfonds of polisse tot hul beskikking. “As hulle siek word, is daar geen inkomste nie.” Wessels sê hoewel die idee by die Laners begin het, het dit só in die vermaaklikheidswêreld vlamgevat dat vir mense gesê moes word hulle kan nie aan die konsert deelneem nie. Hulle is wel aangemoedig om hand by te sit met takies agter die verhoog. Elzabé Zietsman, ddisselblom, Lizz Meiring, Elize Cawood en haar man, Wilson Dunster, Diaan Lawrenson (Paula), Vuyelwa Booi (Alyce) en Sekoati Tsubane (Kabello) is net enkeles wat aangedui het hulle gaan deelneem. Volgens Wessels is die konsert ’n mengsel van sang en toneelspel. Die konsert, by name Aan Trudie met liefde, word Sondag 17 Augustus by die Pro Musica-teater in Roodepoort opgevoer.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|