Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 1-22°CVoorspellings |
|
Verslag oor babasterftes in
O-Kaap kry blykbaar voete
PORT ELIZABETH. – Die Oos-Kaapse departement van gesondheid se verslag oor die onlangse Ukhahlamba-babasterftes in die Barkly-Oos-omgewing het blykbaar soos ’n speld in ’n hooimied verdwyn, maar nog ’n verslag hieroor is wel gereed vir voorlegging. Verwarring heers oor waar die verslag oor die sterftes van meer as 100 babas in die Ukhahlamba-distrik nou te vinde is. Meer as 80 babas is net op Barkly-Oos, Sterkspruit en Elliot dood weens erge diarree, wat na bewering deur besoedelde water veroorsaak is. Die verslag is twee maande gelede deur die provinsiale departement saamgestel en aan die na- sionale minister van gesondheid, dr. Manto Tshabalala-Msimang, oorhandig vir oorweging. Sedertdien het geen haan daaroor gekraai nie. Gevolglik het die DA Maandag aansoek gedoen om deur middel van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting die verslag te siene te kry. Mnr. Mike Waters, DA-woordvoerder oor gesondheid, het gister gesê die party het die gesondheidsdepartement 30 dae gegee om met die verslag vorendag te kom. Waters het gesê die DA het voorheen verskeie versoeke tot die departement gerig om toegang tot die verslag te kry. Ten spyte hiervan sal die provinsiale portefeuljekomitee oor gesondheid se verslag oor die babasterftes volgende week aan die Oos-Kaapse wetgewer voorgelê word. Mnr. Sibani Mngadi, nasionale gesondheidswoordvoerder, het gister in ’n verklaring gesê Waters se bewerings dat die DA reeds op 20 Junie aansoek gedoen het om toegang, is onwaar. Mngadi het gesê geen versoek is deur die departement ontvang nie en het Waters daarvan beskuldig dat hy ongegronde uitlatings maak wat nie op feite gegrond is nie. Waters het teruggekap deur te sê die departement het, soos wat die geval is met die verslag, sekerlik ook die DA se aansoek misplaas. Mnr. Siyanda Manana, provinsiale gesondheidswoordvoerder, het gesê die verslag is by die minister. Hy het ’n verslag aan Volksblad verskaf wat toon 121 kinders onder die ouderdom van vyf jaar is vanjaar tussen Januarie en Junie in hospitale in dié distrik aan diarree dood. Sowat 762 kinders onder vyf is in dié tydperk opgeneem om vir diarree behandel te word. Statistieke in die verslag toon wel sterftes het merkbaar afgeneem sedert die departement met korrektiewe stappe begin het. Verbeterings is glo gemaak op die gebiede van inligtingbestuur, die verskaffing van medisyne, infeksiebeheer en spesiale mediese vaardighede. Die departement bemoei hom ook met die verskaffing van voedsel, beter water en behuising. Manana het gesê die verslag bevestig sterftes is veroorsaak deur onder meer diarree, ondervoeding en erge longontsteking. Volgens die departement is dit nie so eenvoudig om die oorsaak van die sterftes vas te pen as vuil water nie. Maatskaplik-ekonomiese probleme word ook genoem as ’n groot oorsaak.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|