Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Lekota het glo wye steun in Wes-Kaap
Die rebellie van mnr. Mosiuoa Lekota blyk wye steun van die gegriefde Wes-Kaapse ANC-takke te geniet.
Ryk in Bloemfontein om sy boek bekend te stel
“k dink daar is 'n persepsie dat ek 'n suksesvolle glamour boy is vir wie alles in die lewe maklik gekom het.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-33°C

Voorspellings


Magashule herverkies as ANC-leier in VS
Jul 24 2008 10:17:52:050PM  - (SA)  
Dirk Kok



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

PARYS. – Mnr. Ace Magashule, wat die ANC in die Vrystaat sedert 1994 lei, is gister hier op die party se kongres onbestrede tot provinsiale voorsitter herkies.

Drie van sy vurige volgelinge, mnre. Thabo Manyoni (nuwe ondervoorsitter), Sibongile Besani (voormalige ondersekretaris en nuwe sekretaris) en Mxolisi Dukwana (herverkose tesourier), is ook onbestrede verkies.

Slegs vir die amp van ondersekretaris was daar twee benoemings wat die voorgeskrewe ondersteuning van 30 takke gehad het: mevv. Mamiki Qabathe en Joyce Mthembu.

Mthembu, munisipale bestuurder van Phumelela (Vrede en omliggende dorpe), het haar benoeming egter van die hand gewys. Qabathe, LUR vir landbou, is die nuwe ondersekretaris.

Manyoni, wat sy skorsing as stadsbestuurder van Mangaung in die hooggeregshof beveg, vervang die ANC-strydros mnr. Pat Matosa as ondervoorsitter.

Voor die kongres was daar sprake dat Matosa, speaker in die wetgewer, Magashule as voorsitter wil teenstaan, maar dit het nie gebeur nie.

“Matosa sou hom daardeur heeltemal uit die strukture gewerk het,” is gister gese.

Besani vervang mev. Charlotte Lobe, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), wat in partystruwelinge bedank en ook as adjunk-speaker in die wetgewer uitgeskop is.

Qabathe volg Besani as ondersekretaris op.

Benoemings vir die topleiers het slegs uit drie van die vier streke gekom.

Takke in die Xhariep-streek, wat die laaste jare met die leierskap haaks was, het nie benoemings ingedien nie.

Ondanks waarskuwings op die kongres dat lede wat die party voor die hof sleep, geskors en uitgeskop sal word, sê twee groeperinge hulle gaan die kongres en die verkiesing van die leiers in die hof beveg.

Met sy herverkiesing op sy tuisdorp het Magashule gesê teenstanders se stellings dat hy die politiek in die provinsie manipuleer, is onwaar. “Een man het nie so baie mag nie.”

Of hy premier gaan word, is in die hande van die party se NUK, het hy gesê.

Hy sê 90% van die leierskap soos dit tans in die provinsie is, sal waarskynlik dieselfde bly.

Een van die beswaardes wat reeds in ’n hofgeding met Maga-shule en die ANC gewikkel is, het gesê die verkiesing van die leierskap was te wagte. “Ons gaan dit in die hof beveg. Die Vrystaat lyk soos ’n tweede Zimbabwe.”

Magashule het gesê die probleme in die provinsie is nietig en word deur ’n klein groepie mense, met finansiering van groter magte, veroorsaak. “Ons weet wie is die finansiers en is besig met ons eie ondersoek.”

Hy het gesê mense met sakebelange kan moontlik agter die finansiering sit.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer