Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Volksblad-lesers kan nou hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
'Karien' groet 7de Laan
Die Laan se gunsteling-blondekop groet. Christi Panagio (Karien Momberg) sal Maandag die laaste keer in die gewilde SABC2-sepie 7de Laan te sien wees.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-26°C

Voorspellings

Ster op snelweg beroof
Jul 24 2008 10:17:10:567PM  - (SA)  
Jens Friis



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

“Ons het net hardop gebid.”

Só sê die Noord-Kaapse sangeres Elizma Theron nadat sy en twee vriende Woensdagnag net-net ontkom het toe ’n kaping in Gauteng skeefgeloop het.

Theron is begin volgende jaar as Kriek in die kykNET-sepie Villa Rosa te sien.

Theron, Ampie du Preez, een van die kitaarspelers en sangers van die groep ’n Man soos Jan, en die Sondag-vermaaklikheidsjoernalis Yolanda Barnard is tussen 00:00 en 01:00 op die N1-suid in die omgewing van die Rigel-afrit deur twee gewapende mans aangehou en beroof.

Me. Gizela Arndt, publisiteitsbeampte van Villa Rosa, het gesê die drie was op pad terug van ’n optrede van ’n Man soos Jan in Pretoria.

Die groep tree elke Woensdagaand by die News Café in Menlyn op.

Barnard het in haar eie motor gery, terwyl Theron en Du Preez saam gery het.

Volgens Arndt het Barnard – wat voor die ander twee uit Pretoria weg is – ’n pap band gekry en die ander twee gebel om haar te kom help.

“Hulle het dadelik na haar toe gery. Terwyl Du Preez die wiel omgeruil het, het twee gewapende mans uit die bosse gespring,” vertel Arndt.

Volgens mnr. Andrew James, bemarkingsbestuurder van Select Musiek in Johannesburg, word daar vermoed die rooftog was beplan deurdat die kapers iets op die pad gegooi het om motors se bande pap te maak en dan toe te slaan.

Arndt sê toe die mans uitspring, het Theron vir Barnard gegryp, om die motor gehardloop en gaan sit.

Terwyl die twee eenkant gesit het, het die mans Du Preez beveel om almal se besittings te oorhandig.

Toe een van die mans besef dat Theron vir hulle kyk, het hy ’n vuurwapen teen haar kop gedruk.

Die mans het voortdurend skootrekenaars gevra en gedreig om hulle dood te maak.

Daar was geen skootrekenaars nie, maar die mans het onder meer met twee GPS’e, twee handsakke en selfone gevlug.

Al drie is ongedeerd. Hulle het almal saam in een motor na die naaste polisiekantoor gery en die polisie ontbied. Die polisie het hulle na Barnard se motor vergesel waar verklarings afgelê is.

“Ek en Yolanda het net heeltyd hardop gebid. Ons is dankbaar. Dit is net genade van bo dat ons niks oorgekom het nie,” het Theron gesê.

Haar raad aan ander mense wat hulle dalk in ’n soortgelyke situasie mag bevind, is: “Bly kalm en doen wat hulle vra.”

Theron is vol lof vir die polisie se optrede.

Arndt sê die Villa Rosa -tonele waarby Theron betrokke is, is rondgeskuif sodat sy gister kon afkry.

“Die vervaardigers besef dit is traumaties en wou haar tyd gee om haar dinge uit te sorteer.”

Theron en die sanger Adam Tas was vir lank in ’n verhouding betrokke, maar hul verlowing is onlangs verbreek.

Volgens James gaan dit voor die wind met Elizma se CD Gee My Meer. Dit klim al hoe hoër op die Top20 nadat dit onlangs goue status bereik het.

Theron is op Bethlehem gebore en het later na Kuruman verhuis. Wanneer sy nie sing of aktrise is nie, bied sy sang- en dansklasse aan by die kultuurskool wat sy op Kuruman begin het.

Sy is die trots van haar ouers, mev. Elmarie en mnr. Jó Theron, die eienaars van die Safari Travelodge buite Kuruman. Sy het ook ’n broer, Jac, en sussie, Sumarie.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer