Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Volksblad-lesers kan nou hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Min gekeurdes val in Ope vas
Dit gaan steeds klopdisselboom met die voorste gekeurde tennisspelers hier in die Amerikaanse Ope.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           0-22°C

Voorspellings

Rooi kaarte: Spelers tegemoetgekom
Jul 24 2008 10:15:20:580PM  - (SA)  
Marisa Phillips



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

WELKOM. – Vyf rugbyspelers, vier van Welkom-Gimnasium en een van Afrikaans Hoërskool (Rooiskool) op Kroonstad, wat ná ’n bakleiery in ’n rugbywedstryd rooi kaarte gekry het, is almal tegemoetgekom en nie die maksimum strawwe opgelê nie.

In ’n verklaring deur die Griffons A-liga-hoërskole-rugbyvereniging sê mnr. Chris Verhoef, voorsitter, ’n deeglike ondersoek is na die wedstryd gedoen.

Hy sê Saru verskaf voorskrifte ten opsigte van strawwe vir verskillende rooikaart-oortredings wat deur dié vereniging streng toegepas word.

Hy sê al die spelers en hul verteenwoordigers kon op ’n vergadering van langer as 90 minute getuienis ter versagting lewer.

“Dit word betreur dat ’n skolewedstryd só ontaard het dat die skeidsregter die wedstryd moes stop. Daar is egter baie versagtende omstandighede wat in ag geneem is voordat die finale straf van die spelers bepaal is.”

Die spelers se name word nie bekend gemaak nie.

Verhoef sê speler A, wat ’n teenstander rondgepluk het, se rooi kaart wat hy gedurende die wedstryd gekry het, word as genoegsame straf beskou en die Saru-voorskrif dat hy vir een wedstryd geskors word, word opgeskort.

Spelers B en C, wat mekaar geslaan en getrap het, is vir vier wedstryde geskors, waarvan drie opgeskort is.

Speler D, wat die skeidsregter verbaal aangeval het, is vir vier wedstryde geskors, waarvan twee opgeskort is.

Die vyfde speler wat die skeidsregter aan die bors gegryp het, word vir vier wedstryde geskors.

Verhoef sê dit moet in ag geneem word dat daar nog net vier moontlike wedstryde in die liga vir 2008 oor is.

“Die komitee kon geen bewyse vind dat enige spelers of beamptes tydens die wedstryd rassistiese opmerkings gemaak het nie en dit wil voorkom of dit moontlik afkomstig was van ’n toeskouer wat op die veld gehardloop het nadat die vierde rooi kaart uitgedeel is.

“Die wedstryd is regstreeks ná dié voorval gestop. Dit het aanleiding gegee tot die voorval waarin die speler die skeidsregter aan die bors gegryp het.

“Die saak sal nie na die Skeidsregtersvereniging en die Griffons se Senior Bond verwys word nie.”

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer