Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Vlug ‘onbepaald vertraag’
“Dit is ’n totale fiasko,” het mnr. Jonathan Crowther gesê nadat ’n vlug van SA Express van Johannesburg na Bloemfontein weer gister onbepaald vertraag is. Crowther, redakteur van Volksblad, neem die volgende drie maande as redakteur van Beeld, susterkoerant van Volksblad, waar en moet weekliks tussen die twee stede pendel. Volksblad het Dinsdag berig dat die vlug van tientalle passasiers, onder wie Crowther, wat Maandagmiddag van Bloemfontein na Johannesburg moes reis, langer as drie uur vertraag is. Gister het dieselfde gebeur op die vlug van die Goudstad na die Rosestad. Passasiers moes hoor die 15:30-vlug is “onbepaald vertraag”. “Niemand het enige verduideliking aangebied nie. Dit is nie die eerste keer wat dit gebeur nie en dit maak ’n mens moedeloos,” het Crowther gesê. “Dit is onaanvaarbaar dat wanneer mense navrae rig, ’n mens ’n antwoord kry dat hulle oor die saak vergader.” Mev. Dileseng Koetle, woordvoerder van SA Express, sê daar was tegniese probleme met die vlug. “Wanneer daar ’n tegniese probleem is, kan dit vertragings in vlugtye veroorsaak. Die passasiers is almal op alternatiewe vlugte geplaas.” Sy sê die lugdiens vra al die passasiers om verskoning. “Die veiligheid van ons passasiers bly ons eerste voorkeur.”
|
||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|