Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Pa sê hospitaal moet opdok oor baba se hand
Aug 21 2008 11:05:06:523PM  - (SA)  
Jana Engelbrecht



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KIMBERLEY. – Die hand van ’n babaseuntjie van twee maande sal dalk afgesit moet word nadat hy gangreen daarin gekry het.

Die ouers van die vroeggebore Gennaro Magwadibane oorweeg nou regstappe teen die Kimberley-hospitaal omdat binne-aarse voeding moontlik sy weefsel geïnfiltreer en die gangreen veroorsaak het.

Mnr. Cabram Quinton Kortman, pa van Gennaro, het gesê hulle gaan die saak nie net hier los nie.

“Ek kry geen antwoorde van die hospitaal nie. Die hospitaal sal vir onvoorsiene toekomstige uitgawes moet betaal. Hoe moet my kind met net een hand leer kruip?

“Hy sal ’n prostese moet kry en dit kos geld. Hoe gaan ek aan hom verduidelik hoekom hy nie soos sy maatjies is nie? Ek weet nie wat om te doen nie. Ek wil ’n prokureur kry en die hospitaal vir nalatigheid dagvaar, maar weet nie waar om te begin nie.”

Kortman sê Gennaro was normaal toe hy gebore is.

“Sy hand was normaal. Hy is op 28 weke gebore. Hy het binne-aarse voeding gekry en was ook in ’n broeikas.”

Genarro is glo drie weke gelede na ’n algemene saal oorgeplaas. Sy ma, me. Nicolene Magwadibane, het agtergekom sy hand is baie rooi en opgeswel.

“Die dokters het vir ons gesê die kind het kieme in sy bloed. Hulle het later hul storie verander en gesê die binne-aarse voeding was te sterk en dit het veroorsaak dat sy hand opswel. Sy hand is nou opgedroog en pikswart. Sy een voet, waar hulle ook die binne-aarse voeding gesit het, is ook nou besig om nes die hand te lyk.”

Kortman sê die dokters het twee weke gelede vir hulle gesê hulle gaan sy hand afsit. Sedertdien het hulle nog niks gehoor nie.

Me. Lulu Ntsie, hospitaalwoordvoerder, sê: “Die baba is op 28 Junie met ’n baie lae gewig gebore.

“Hy het net 880 g geweeg en is op 27 weke gebore. Die baba het kort ná geboorte ophou asemhaal. Hy is toe na die neo-natale intensiewesorgeenheid oorgeplaas waar hy bygebring is.

“Die baba het baie goed op die behandeling gereageer.

“Die feit dat die baba so vroeg gebore is, hou ’n groot gevaar in vir verdere komplikasies.

“Een van die ernstiger komplikasies is aangebore (of oorerflike) bloedvergiftiging.” Die baba het ook ’n infeksie met klebsiella, waarvoor hy met antibiotika behandel is, sê sy.

“Die feit dat die baba gangreen in sy hand gekry het, kan verwant wees aan bloedvergiftiging, wat grotendeels ’n nagevolg van vroeggeboorte is, of ’n baie lae gewig by geboorte, of dit kan die infiltrering van die binne-aarse voeding in die weefsel wees.

“Die baba is vandag 54 dae oud en weeg 1 354g. Die baba het alle verwagtinge oortref, omdat hy klinies geen kans gehad het nie. Die baba is ’n wonderwerk.”

Ntsie sê die dokters “oorweeg” amputasie.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer