Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
‘Wittes wil 2010 laat misluk’
BEIJING. – Sommige wit mense in Suid-Afrika sal baie graag wil sien dat die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 in Suid-Afrika ’n mislukking moet wees. Só het die minister in die president se kantoor, dr. Essop Pahad, gister hier eksklusief aan Volksblad gesê. Pahad is lid van die Suid-Afrikaanse komitee wat verantwoordelik is vir die reëlings vir die WB-toernooi in Suid-Afrika. Benewens Pahad het die Suid-Afrikaanse ambassadeur in China, mnr. Ndumisa Ntshinga, die uitvoerende hoof van die reëlingskomitee, dr. Danny Jordaan, en die Suid-Afrikaanse adjunk-kommissaris van polisie, mnr. André Pruis, die internasionale media oor Suid-Afrika se gereedheid vir 2010 toegespreek. “Al is hulle in die minderheid, is daar steeds baie wit mense in Suid-Afrika wat nie vir Bafana Bafana ondersteun nie. Hulle gee ook nie baie om dat die Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika gaan plaasvind nie. Al wat jy moet doen, is om hul gevoelens hieroor op die webwerf te gaan lees,” het Pahad gesê. Hy het toegegee dat die meeste wit mense die demokratiese prosesse in Suid-Afrika ondersteun. “Hulle (die wit mense) ondersteun dalk nie my politieke party nie, maar hulle geniet steeds al die voordele in Suid-Afrika en sal nooit die land verlaat nie.” Pahad glo die WB-sokkertoernooi van 2010 kan die persepsie dat wit mense meer in rugby as in sokker belang stel, dalk verander. “Ons het dit onlangs gesien toe die Engelse Premierliga-klub Manchester United in Suid-Afrika gespeel het. Dit was nie net die gewone PSL-ondersteuners wat by dié wedstryde opgedaag het nie. “Die grootste teleurstelling vir my is dat die wit mense die oorsese spanne eerder as die plaaslike spanne ondersteun het.” Volgens Pahad is dit sy taak om die kommunikasie- en bemarkingstrategie van die Wêreldbekertoernooi aan al die bevolkingsgroepe te bemark. “Die WB-toernooi moet gebruik word om die nasie te bou. My taak is om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse publiek besef die Wêreldbekertoernooi behoort aan al die Suid-Afrikaners.” Oor die Olimpiese Spele het Pahad gesê: “Deur 45 medaljes tot dusver te wen, het China gewys hy is die sterkste sportnasie in die wêreld. “Die Chinese se vasberadenheid en toewyding is die deurslaggewende faktor vir hulle. Ek is teleurgesteld dat ons net een medalje tot dusver kon wen. Die volgende Spele is in 2012 in Londen. “As ons twee medaljes daar kry, het ons met 100% verbeter, dus kan ons nie slegter vaar nie,” het hy geskerts. Op ’n ernstiger noot het hy gesê: “Die Spele hier is natuurlik ’n groot teleurstelling vir ons, maar ons moet ook baie realisties wees. “Ons ding met die beste in die wêreld mee. Ons swemmers het goed in Athene gevaar, maar die res van die wêreld het ons agtergelaat. Ons moet dus seker maak dat ons oor die volgende vier jaar ’n groep elite-atlete identifiseer. Daar moet daadwerklik met hulle gewerk word sodat ons in 2012 meer welslae kan behaal.”
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|