Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Mandela se treë na vryheid in brons verewig
PAARL. – In ’n gemak-leerstoel en met ’n roomkleurige kombers oor sy bene het oudpres. Nelson Mandela gister hier uit ’n markiestent toegekyk hoe ’n bronsstandbeeld van hom by die Groot Drakenstein-gevangenis onthul word op die plek waar hy 18 jaar gelede na vryheid gestap het. Die hemele se sluise het oopgegaan die oomblik toe die swart bekleedsel van die amper 4 m hoë standbeeld afgetrek is. Só erg het dit gereën dat Mandela se gewese vrou, me. Winnie Madikizela-Mandela, sy vrou, me. Gra?Machel, en ander familielede hulle amper oombliklik van die standbeeld na die markiestent teruggehaas het. Lyfwagte het groot, swart sambrele oor hulle gehou. Die standbeeld van 490 kg, bekend as die Long walk of freedom-beeld, is deur die Sexwale-familiestigting geskenk. Me. Judy Sexwale, vrou van die bekende sakeman mnr. Tokyo Sexwale, het Mandela in haar toespraak bedank vir die reis wat hy vir baie Suid-Afrikaners afgelê het. “Mnr. Mandela, jou reis was een van opoffering. Jy wens seker dat jy vandag meer kon ge-stap het, miskien vinniger gestap het. Maar die lang stap is nou in ons hande – om vir jou te stap en vir dié mense wat deur die jare langs jou ge-stap het vir vryheid. “Ek bid dat ons jou nie sal teleurstel nie. Daar is nog baie uitdagings op ons staptog wat voorlê. Dankie dat jy vir ons geleer het om vir die beswil van ander te stap,” het sy gesê. Met ’n breë glimlag het Mandela geluister toe mnr. Sexwale verduidelik het wat elke deel van die beeld verteenwoordig. Nou en dan het hy sy kop geknik en dan aandagtig verder geluister. “Dié beeld is presies hoe ek dit in my geestesoog gesien het,” het Sexwale gesê. “Ons kon jou in steen vasgevang het. Maar ons het besluit op brons – jou velkleur. Ons kon jou in enige van jou uitrustings uitgebeeld het, maar ons het dit goedgedink dat dit dieselfde pak is as die dag toe jy hier as ’n vry man uitgestap het,” het Sexwale vervolg. Hy het daarop gewys dat Mandela altyd lelike skoene gedra het. “Hierdie skoene wat hy aanhet (met verwysing na die standbeeld se skoene) is soortgelyk aan die skoene wat hy op Robbeneiland gedra het. “Maar dit is die glimlag – die glimlag wat Suid-Afrika vir altyd nodig het, en die saluut – ’n saluut van solidariteit – wat opmerklik is.”
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|