Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Vermeende dief deur betondak vermorsel
WELKOM. – ’n Vermeende dief het hier ’n grusame dood gesterf toe hy deur die soliede betondak van ’n vervalle en uitgediende mynhostel te pletter geval is. Die man het vermoedelik staalstutpilare onder die oorhang van die dak op die tweede verdieping van die gebou gesteel. Die oorhang van sowat 45 cm dik beton het meegegee en die man is tussen dit en die regop muur van die gebou vasgepen. Sy bolyf is in die staande posisie tussen die twee mure vergruis en hy is vermoedelik op slag dood. Slegs ’n deel van sy middellyf en heupe het uitgesteek tussen die hangende muur, wat deur stukke draad in die beton in plek gehou is, en die stukke beton om sy voete. Reddingstoerusting van brandweerdienste is gebruik om van die binnekant van die gebou die hangende muur van sowat 20 m lank genoeg te lig sodat die lyk uitgehaal kon word. Volksblad is deur personeel van die Harmony-myngroep versoek om die private eiendom by een van die ou Elandskagte in Lindsayweg te verlaat voordat die proses om die lyk uit te haal begin is. Verskeie stutpale, wat moontlik as skrootmetaal verkoop sou word, het op die grond onder die ongelukstoneel gelê. Daar is weinig vensterrame en deure in die geboue oor. Badkamers is van pype en die dakke van sinkplate en teëls gestroop. Me. Amelia Soares, woordvoerder van Harmony, sê die hostels is lank-al reeds aan ’n kontrakteur verkoop wat dit sloop. Die kontrakteur, wie se naam nie bekend is nie, was glo geruime tyd nie op die perseel nie nadat die waardevolste boumateriaal verwyder is. Diewe het intussen hul intrek daar geneem en begin om dit wat hulle as skroot kan verkoop te steel. Volgens Soares het die inspekteur van myne ook die perseel besoek en stem saam dat dit suiwer betreding en diefstal van private eiendom is en niks met die myn te doen het nie.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|