Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

ANC-kongres sleep voort
Aug 28 2008 05:01:08:387AM  - (SA)  
andré botha



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KURUMAN. – Die provinsiale kongres van die Noord-Kaapse ANC kon gister vir ’n tweede dag nie voortgaan nie, terwyl twiste oor die regis-trasie van afgevaardigdes voortgesleep het.

Die kongres het wel gister omstreeks 20:30 amptelik begin, maar met ’n groot groep afgevaardigdes nog afwesig. ’n Groot groep ondersteuners van mnr. Neville Mompati, een van die twee kandidate om die voorsitterskap, is gisteraand in die stadsaal van Kuruman deur mnr. Derek Hanekom, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, toegespreek in ’n poging om die krisis te ontlont. Dit was nadat die groep, wat nie toegang tot die kongres by die munisipale geboue van Moshaweng naby Kuruman kon kry nie, ure lank buite die terrein gestaan het.

Die smeulende ontevredenheid met die registrasieproses het gisteroggend vroeg opgevlam toe die regis-trasiepunt onverwags van Kuruman se stadsaal na die Eldorado-hotel verskuif is. ’n Groot aantal ondersteuners van mnr. John Block, huidige voorsitter en ander kandidaat vir die pos, gaan na bewering in dié hotel tuis. Woedende Mompati-ondersteuners het voor die hotel gesing en gedans, en daar was ’n sterk polisieteenwoordigheid.

Die probleme het ontstaan deurdat verskeie takke dubbele groepe afgevaardigdes gestuur het, een groep pro-Mompati, die ander pro-Block.

Lede van die nasionale uitvoerende komitee het eergister tot omstreeks 04:00 gespook om die geskille uit te sorteer, en ná ’n kort ruskans gisteroggend vroeg hervat.

Die begintyd van die kongres is telkens uitgestel sodat die registrasieproses eers afgehandel kon word. Teen 15:00 is die media in kennis gestel dat die afgevaardigdes na Mo-shaweng op pad is.

Hier het ’n nog sterker polisieteenwoordigheid die orde gehandhaaf. Terwyl afgevaardigdes wat klaar geregistreer was binne die terrein gewag het, het die Mompati-ondersteuners wat hulle nog nie kon registreer nie, buite gestaan. Teen 18:30 is Hanekom saam met Mompati na buite om met die ontevredenes te praat.

Mnr. Lerato Modise het namens die ontevredenes onder meer geëis dat alle takke toegelaat moet word om binne te gaan en deur die leierskap toegespreek te word. Mnr. Lawrence Matsekete het gesê “guerrilla-taktiek” word gebruik om die ANC oor te neem.

Hanekom het uiteindelik ingestem dat die groep in die Kuruman-stadsaal toegespreek sal word, en dat die konferensie nie sal begin voordat dit gedoen is nie. Teen druktyd was dit nie bekend wat die uiteinde van dié vergadering was nie.

.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer