Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Wetgewer looi VS-rade
Munisipale leiers van tien Vrystaatse munisipaliteite is in ’n gesamentlike wetgewerkomiteesitting behoorlik die leviete voorgelees, omdat hulle hulle nie aan bindende wetgewerbesluite oor hul geldprobleme en bestuursprobleme steur nie. Die provinsie se twee grootste munisipaliteite, Mangaung (Bloemfontein) en Matjhabeng (Welkom), is onder die tien munisipaliteite wat die swakste gevaar het met die toepassing van wetgewerbesluite om hul bestuur en geldbestuur reg te ruk. Almal het ’n tiental voorskrifte nie nagekom nie. Van die voorskrifte, wat op grond van die ouditeur-generaal se verslae oor munisipaliteite deur die wetgewer geneem is, is al drie jaar oud en steeds nie deur die munisipaliteite nagekom nie. Die punte wat die munisipaliteite vir die uitvoering van die wetgewerbesluite gekry het, wil geen skoolkind of student in ’n toets of eksamen kry nie. Vier van die munisipaliteite het almal ’n ronde nul gekry, deurdat hulle die afgelope drie jaar nie ’n enkele besluit uitgevoer het nie: Metsimaholo (Sasolburg en dorpe), Masilonyana (Winburg en dorpe), Ngwathe (Parys en dorpe) en Mafube (Frankfort en dorpe). Die twee grotes, Mangaung en Matjhabeng, het onderskeidelik aan 7 uit 19 besluite (37%) en 5 uit 25 besluite (20%) gehoor gegee. Phumelela (Vrede en dorpe) het 10 van 27 voorskrifte (37%) gevolg, Maluti-a-Phofung (Harri-smith en dorpe) 6 uit 26 (23%), Nala (Wesselsbron en Bothaville) 3 uit 26 (12%) en Tokologo (Hertzogville en dorpe) 2 uit 25 (10%). Die munisipale bestuurders is, as rekenpligtige amptenare, saam met hul finansiële hoofde en die burgemeersters Dinsdag een ná die ander in ’n spesiale gesamentlike sitting van die wetgewer se komitees oor finansies, openbare rekeninge en plaaslike regering ingemarsjeer. Van vroegdag tot donkeraand is hulle een ná die ander in die teenwoordigheid van die provinsie se ouditeur-generaal, die tesourie asook die LUR vir plaaslike regering, mnr. Joel Mafereka, en sy departement, voor stok gekry. Van die munisipale bestuurders en burgemeesters het gesê die syfers is verkeerd. Hulle het meer van die besluite uitgevoer as wat gesê word. Die tesourie en departement van plaaslike regering, wat die vordering met die inwerkingstelling van die wetgewerbesluite vir die wetgewerkomitee oor openbare rekeninge dophou, het egter voet dwarsgesit: Die syfers is reg. Dit help nie munisipaliteite sê hulle het besluite uitgevoer, maar hulle lewer nie bewys daarvan nie. Mnr. Abrie Oosthuizen (VF+), voorsitter van die openbare rekeningekomitee wat die gesamentlike sitting gelei het, asook wetgewerlede van die ANC, DA en ACDP, het soos een man teen die munisipale leiers saamgestaan en hulle die leviete voorgelees. Die munisipale leiers is ingelig hul ongehoorsaamheid aan wetgewerbesluite, wat geneem word om hulle te help om goeie munisipale bestuur in die provinsie te bevorder, is ’n skande en swak vir dienslewering. Hulle moet teruggaan na hul munisipaliteite, sorg dat daar werk van gemaak word en nie volgende jaar weer “dieselfde verskonings en storietjies” aan die komitee kom vertel nie. Die besluite is daarop gemik om probleme met onder meer bestuur, begrotings, geldbestuur, skuld, beleid, aanstellings en bates reg te ruk.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|