Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Besoekers stroom na gewilde Kersiefees
Die kersie is op die koek. Heelwat mense het reeds gister na die gewilde Kersiefees op die dorp gestroom.
Spotprent
Kry jou daagliks spotprent hier.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Fees spring volstoom weg met heerlike weer en atmosfeer
Aug 28 2008 11:22:11:737PM  - (SA)  
Hannatjie van der Merwe



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KIMBERLEY. – Die Gariep-kunstefees het gister hier op ’n hoë noot weggespring. Die weer is lekker en talle mense het die feesterrein besoek.

Mnr. Theuns Zimmermann, hooffeesbestuurder, sê baie meer besoekers het gister die fees besoek vergeleke met die eerste feesdag verlede jaar.

Dit is heel moontlik omdat mense gister die feesterrein gratis kon besoek en natuurlik die lekker weer.

Soos Zimmermann sê: “Ons het die weer vooruit bestel. Dit raak net al hoe lekkerder. Mense wat nie fees toe kom nie, mis ’n groot feesternasie.”

Mnr. Marius Nagel, feesvoorsitter, sê die vertonings van Theuns Jordaan, Lucas Maree en David Kramer is uitverkoop, asook een van die twee vertonings van Frank Opperman se Wyk 14 en een van die twee vertonings van Sophia Mentz beredder haar boedel. Bitter min kaartjies van laasgenoemde twee produksies se tweede vertonings is nog oor.

Vir vandag om 18:00 se vertoning van die Bala-broers is ook min kaartjies oor. Spring dus gou om te bespreek.

Verskeie bekende kunstenaars is reeds op die feesterrein te sien en in die kuiertente gaan dit sommer reeds lekker, maar Zimmermann sê mense moet sommer vroeg reeds na die tente kom. Hier gaan dit kook met kunstenaars soos Kurt Darren en Nicholis Louw.

Die hekwagte het gister feesgangers vriendelik gegroet en grappig gesê mense word net op die terrein toegelaat as hulle eers “smile”.

David Kramer het die feesterrein in sy swart uitrusting met sy rooi hemp besoek.

“Ek geniet Kimberley baie. Die mense is vreeslik vriendelik. Die fees is sover rustig en plesierig,” het hy gesê. Nog ’n kunstenaar wat vol lof vir die fees is, is Lucas Maree. “Ek ondervind elke jaar dat die mense baie vriendelik is en ek geniet dit baie.”

Vir die drie skrywers op die fees, Dana Snyman, C. Johan Bakkes en Barend Vos, is dit ’n groot lekkerte dat die fees vanjaar ook skrywers het wat optree.

- Onthou, die fees duur tot Sondag. Vertonings soos dié van Laurinda Hofmeyr se Reis na die Suide kan nog Sondag bygewoon word, asook ander vertonings en optredes in die kuiertente.

Onthou vandag en môre kos toegang tot die feesterrein R50 vir volwassenes en R30 vir kinders en pensioentrekkers. Sondag is dit weer gratis.

As jy ’n kaartjie vir enige vertoning het, is jou toegang tot die feesterrein gratis.

Toegang tot die tente kos R30 per dag vir volwassenes en kinders.

Kaartjies vir vertonings is by Computicket of enige tak van Shoprite Checkers oor die land heen beskikbaar.

By die kaartjieskantoor van die fees in die voorportaal van die Noord-Kaap-teater het Computicket ’n tydelike kantoor vir die verkoop van kaartjies.

Internetbesprekings kan by www. computicket.com gedoen word.

Bel 083-915-8000 vir telefoniese besprekings per kredietkaart.

Rig feesnavrae aan 053-832-5014/7, of besoek www.gariepfees.co.za.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer