Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Riool loop glo in drinkwater in
Aug 28 2008 11:18:52:793PM  - (SA)  
Elise Tempelhoff



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

VILLIERS. – Rioolafval loop nou al glo “etlike maande” direk in die Vaaldam – Suid-Afrika se grootse bron van drinkwater – in.

’n Inwoner van Villiers in die Noord-Vrystaat is só “keelvol” omdat rioolafval “dag en nag” in die Vaaldam instroom dat hy ’n strafregtelike klag teen die plaaslike owerheid Mafube (Frankfort, Villiers en Cornelia) aanhangig gemaak het.

Mnr. Pieter van der Westhuizen, inwoner van Villiers en voorsitter van die Villiers-krisiskomitee, sê mens en dier word besmet omdat hul drinkwater besoedel word deur “lakse, onkundige” amptenare wat “roekeloos” is en toelaat dat rioolafval in ’n groot deel van die land se drinkwater beland.

Volgens hom loop Frankfort en Villiers se rioolafval onverpoos deur onderskeidelik die Wilge- en die Vaalrivier in die Vaaldam in. (Dié twee riviere is die grootste voedingsbronne van die Vaaldam).

Van der Westhuizen sê hy het etlike jare “mooi gepraat, gesoebat en hulp aangebied”, maar toe hy onlangs ’n rondewurm (Ascaris lumbricoides) op sy stortvloer by die huis kry, het hy besluit “genoeg is genoeg” en het hy die klag by die polisie gaan indien.

Rondewurms is ’n parasiet wat voorkom waar rioolafval in die omgewing beland.

Me. Antoinette Ferreira van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Bloemfontein het bevestig ’n dossier is aangelê en dat die polisie die saak ondersoek.

Volksblad verneem die klag hou verband met nalatigheid.

Van der Westhuizen sê ’n boer wat op die oewer van die Vaalrivier boer het onlangs van sy beeste se mis en bloed by ’n laboratorium op Vrede laat ondersoek. Die uitslag het getoon dat dié diere ook met rondewurms besmet is.

Mnr. Nakana Masoka, wat onlangs as Mafube se munisipale bestuurder aangestel is, sê daar was ’n probleem by Villiers en Frankfort se rioolsuiweringswerke, maar dat dit “opgelos is”. Volgens hom het die plaaslike owerheid “ ’n aanmaning” van die departement van waterwese en bosbou ontvang waarin Mafube opdrag gegee is om sy huis binne twee weke in orde te kry.

“Dit is nou gedoen,” sê hy.

Miljoene is al uitgegee aan die herstel van rioolpompe, volgens Masoka.

Van der Westhuizen hou egter vol dat die rioolafval steeds oral in die Vaaldam inloop.

’n Betroubare bron, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het dit ook bevestig. “Dít was eers net in die riviere. Nóú is dit ín die bron van ons drinkwater,” sê hy.

Mnr. Francois van Wyk, bestuurder van die Vaalrivier-opvangsgebied by Randwater, sê die Vaaldam is so groot dat die riool nie werklik ’n invloed het op drinkwater nie.

Die rioolafval word verdun en die bakterie gaan ná ’n ruk dood sodra die vaste stowwe opgelos het.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer