Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Skool tree streng op
Aug 30 2008 12:22:50:830AM  - (SA)  
Tom de wet



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

SASOLBURG. – Die vuishou vroeër vandeesweek by die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg wat op ’n selfoonvideo vasgelê is, het verreikende gevolge vir sowel die slaner, die kind wat die video gemaak het en diegene wat die video daarna versprei het.

Die slanery is op versoek van mnr. Dawie Kleynhans, skoolhoof, Donderdagaand breedvoerig deur die beheerliggaam bespreek. Dit is gedoen aan die hand van die skool se dissiplinêre kode en die geskiedenis van die enkele soortgelyke voorvalle in die verlede.

Die beheerliggaam sê in ’n verklaring daar is besluit dat die slaner, Carel Venter, kragtens die skool se dissiplinêre kode 35 debiete vir boewery ontvang en hy en sy ouers het reeds ontvangserkenning vir ’n waarskuwingsbrief van die skool geteken. Dit strook met die straf vir enige leerling wat 35 debiete teen sy of haar naam het.

Hy het geen vorige rekord van soortgelyke gedrag nie. Indien hy wel vorige oortredings en gevolglike strafpunte teen sy naam gehad het, sou die slanery gelei het tot ’n puntetotaal wat ’n formele dissiplinêre verhoor tot gevolg sou gehad het. Hy sal ook ’n verdere 15 debiete vir swak gedrag ontvang omdat op grond van die video wat deur ’n skoolmaat van die aanval gemaak is, bevind is daar was voorbedagte rade, wat verswarend in dié geval is.

Bo en behalwe die rekord en die strafpunte wat vir die volgende jaar teen sy naam gaan bly, word verwag dat hy in die skoolsaal op ’n openingsgeleentheid die skool om verskoning sal vra en verduidelik hoekom sy optrede verkeerd was.

Verder sal sy ouers hom moet begelei of laat beraad ten opsigte van woede-beheer en skriftelik aan die beheerliggaam terugvoer gee oor die vordering in dié verband.

Die hoof sal ook gereeld opvolggesprekke met albei leerlinge voer.

Albei ouerpare was reeds in gesprek met mekaar en die twee leerlinge, Venter en Lucas Lombard, was reeds weer saam in die klas.

“Die beheerliggaam beskou die voorval as ’n geleentheid om by hernuwing oor die dissiplinêre kode te besin en indien nodig, aanpassings te maak om voorsiening te maak vir verskillende grade van geweld.” Die kind wat die video gemaak het, sowel as dié wat dit daarna ontvang en weer aangestuur het, word ook vir swak en onbetaamlike gedrag gestraf.

  • Mnr. Johan Venter, voorsitter van die beheerliggaam en pa van die slaner, was nie by die ondersoek betrokke nie.

  • Kyk die video

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Reis en Verblyf
    Direct Axis Lenings
    Werksgeleenthede
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer