Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Dis maak of breek
Aug 30 2008 12:22:45:780AM  - (SA)  
Liam Del Carme



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – Die Springbok-rugbyafrigter, mnr. Peter de Villiers, se kop is vandag dalk nie amptelik op die spel nie, maar nóg ’n nederlaag in die Drienasie-reeks teen Australië sal hom dwing om te besin oor die rigting waarin hy die Bokke neem.

Die afrigter is onder druk nadat sy span vier van sy vyf Drienasie-toetse verloor het, waarvan die laaste drie op ’n streep was.

Twee van dié nederlae was boonop in Suid-Afrika, die eerste keer dat die Bokke tuis teen die All Blacks en Wallabies in dieselfde jaar verloor.

De Villiers loop veral onder kritiek deur vanweë sy onbereidwilligheid om van sy omstrede aanvalsgerigte wedstrydplan afstand te doen.

Hy het dit vroeër vandeesweek probeer regverdig deur te sê Suid-Afrika het te lank ’n Australiese speelstyl probeer nastreef.

Wat duidelik is, is dat sy wedstrydplan min vrugte afgewerp het.

Senior spelers het verlede week in Durban hul bedenkings oor die wedstrydplan uitgespreek en daar is ook gerugte dat daar binne die bestuurspan verskillende filosofieë is oor hoe daar eintlik gespeel moet word.

As die afrigter se uitsprake enige aanduiding is, is dit duidelik dat hy met sy aanvalsgerigte wedstrydplan gaan volhard.

Anders as De Villiers het sy onmiddellike voorgangers Jake White en Rudolf Straeuli se spanne met meer konserwatiewe instinkte die drieë in hul onderskeie eerste Drienasie-reekse ingeryg.

White se span het trouens die Drienasie-reeks met sy eerste probeerslag in 2004 gewen.

Ondanks die ondersteuning wat De Villiers van mnr. Oregan Hoskins, die president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), geniet, gaan rugbybase swaar sluk aan nog ’n nederlaag op eie bodem.

Die span is verlede week in Durban ná sy loesing teen die Wallabies uitgejou en daar kan met redelike sekerheid gesê word dat die rugbypubliek se woede gaan oorkook as die Bokke nie vandag wen nie.

Toeskouers word aangeraai om hulle vandag vroeër as gewoonlik by die stadion aan te meld. Daar is ’n beperkte aantal parkeerplekke beskikbaar, terwyl verskerpte veiligheidsmaatreëls ook tot vertragings gaan lei.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer