Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Aanvaar Block, sê verloorder
KURUMAN. – Almal in die ANC moet die uitslag van die verkiesing van ampsdraers van die party in die Noord-Kaap aanvaar. Daar moet nou hard gewerk word om eenheid in die ANC te bevorder, want dit is op die oomblik nie wat dit moet wees nie. Só het mnr. Neville Mompati, een van die twee kandidate om die voorsitterskap op die pas afgelope provinsiale konferensie van die ANC, gister aan Volksblad gesê. Mompati is in ’n omstrede kiesstryd deur mnr. John Block verslaan. Hy was tot gister die sekretaris van die ANC in die Noord-Kaap. Mompati het gesê in die demokratiese proses is dit so dat daar ’n wenner en ’n verloorder moet wees. Hy wil nie oor die probleme wat in die verkiesing ervaar is praat nie, maar almal moet die uitkoms van die verkiesing respekteer. Die leiers van die Noord-Kaapse ANC moet nou fokus op die uitvoering van die beleid en besluite van die ANC. Kwessies soos armoede en werkloosheid moet aandag kry.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|