Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Egoli se feeks sê tot siens
Aug 30 2008 12:22:39:953AM  - (SA)  
carryn-ann nel



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – Egoli se über-feeks gaan binnekort ’n makker rol vertolk.

Corine du Toit, beter bekend vir haar rol as Jane Edwards in Egoli, het besluit om ná vier en ’n half jaar die gewilde sepie vaarwel te roep nadat sy ’n rol losgeslaan het in ’n internasionale fliek.

Die verfilming van die rolprent, Florida Road, begin in Mei volgende jaar.

Die rolprent met onder meer die Bollywood-akteurs Ashmit Patel en Vipin Sharma, sal in Durban geskiet word.

In ’n eksklusiewe onderhoud het Du Toit opgewonde vertel van haar loopbaanskuif na die silwerdoek.

“Ek dink vir enige aktrise is dit ’n droom om op film te werk,” het sy gesê.

“By Egoli werk ons meestal op multi-cam, so film gaan ’n nuwe ondervinding vir my wees, iets waarna ek baie uitsien en dit is ’n wonderlike uitdaging.

“Dit is vir my hartseer om afskeid te neem vir nou, Egoli is soos my familie en almal hier was net goed vir my.

“Ek het goeie vriende gemaak en hegte bande gesmee.

“Ek skiet nog by Egoli, maar ek vrees die laaste dag op stel gaan maar ’n tranerige storie wees!”

Dit is onbekend wanneer haar laaste dag gaan wees.

Sy het nie haar kontrak by Egoli hernu nie “omdat ek eers op die rolprentprojek volgende jaar wil konsentreer”.

“Dit gaan nogal baie van my tyd vereis.

“Geen kontrakte is op die oomblik in plek nie, want ek is nie seker van my beskikbaarheid volgende jaar nie,” het sy gesê.

Die pragtige brunet het die rol deur haar agentskap in Kaapstad, Boss Models & Management, losgeslaan nadat sy die oudisie gedoen het.

“Nadat ek die rol aangebied is, het ek die draaiboek gelees en ek was in vervoering. Ek dink dit is ’n pragtige storie. Dave Aenmay is die filmoperateur, so Suid-Afrika en veral Durban se skoonheid gaan wonderlik uitgebeeld word in die rolprent.”

Sy beskryf die fliek nie as ’n Bollywood-rolprent nie.

“Die twee manlike hoofkarakters is wel Bollywood-sterre, maar die regisseur en skrywers is van Amerika. Ek het nog nie vir Ashmit Patel ontmoet nie, maar ek moet erken, ek het hom ge-Google en hy is nogal sag op die oog,” het sy geskerts.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer