Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Lee-Ann behaal driekuns
Sep 04 2008 11:44:10:917PM  - (SA)  
Sanri van Wyk



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – “Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het ’n kat se kans om dit weer te wen nie.”

Dit was die model Lee-Ann Liebenberg se reaksie nadat sy ’n derde keer in vier jaar as die tydskrif YOU se sexyste vrou aangewys is.

’n Steeds oorstelpte Liebenberg het gisteroggend gesê sy het dadelik vir haar ma, Adrianne, blomme gekoop omdat dit alles aan haar te danke is.

Meer as 500 van Suid-Afrika se blinkste sterre het eergisteraand na Emperors Palace aan die Oos-Rand opgeruk vir die jaarlikse YOU Spectacular.

Die Springbok-vleuel Bryan Habana het twee kategorieë gewen. Hy is as sportster van die jaar en as die gewildste bekende man aangewys.

Die nuusmaker van die jaar is die swemmer Natalie du Toit.

Ander wenners is:

- Die sanger Loyiso Bala – sexyste man;

- Die violis In-Cha – nuweling (vrou) van die jaar;

- Die e.tv-weeraanbieder Derek van Dam – nuweling (man) van die jaar;

- Connie en Shona Ferguson (onderskeidelik Karabo Moroka in die SABC-sepie Generations en dr. Leabua in SABC2 se Venda-sepie Mu-vhango) – paartjie van die jaar;

- Die Top Billing-aanbieder Jeannie D – gewildste bekende vrou;

- Sophie Ndaba (Queen Moroka in die SABC1-sepie Generations) – gunstelingaktrise;

- Menzi Ngubane (Sibusiso Dlomo op die SABC1-sepie Generations) – gunstelingakteur;

- Die hip-hop-sanger Hip Hop Pantsula (HHP) – musiekster van die jaar;

- DJ Fresh van The Fresh Drive op 5fm – radiopersoonlikheid van die jaar; en

- Die sanger Zola – rolmodel van die jaar.

YOU-lesers kon vir hul gunsteling in elke afdeling behalwe dié van nuusmaker van die jaar stem. Luidens ’n verklaring is sowat 600 000 stemme ontvang. Esmaré Weideman, redakteur van YOU en Huisgenoot, wys die nuusmaker van die jaar aan.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer