Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Kalahari-Kuierfees spring jolig weg
Sep 04 2008 11:34:44:870PM  - (SA)  
André Botha



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

UPINGTON. – Terwyl die water van die Oranjerivier rustig in die Kalahari-son blink, het die Kalahari-Kuierfees gister hier aan die gang gekom.

George Meiring het met onder meer ’n keurspel van Afrika-liedjies die toeskouers by die Absa-Vryverhoog agter die burgersentrum aan die dans en in ’n feestelike stemming gekry. Plaaslike kunstenaars, soos die Ubun2 Breakdance-groep, het verder ’n jolige stemming hier verseker.

Op Die Eiland was dit veral die kinders se dag. In die kindertent het kinders allerlei lewenslesse, soos die gevaar van alkohol en sigarette, op ’n prettige wyse geleer.

Die voël- en slangkenner Bryan Vorster het ’n groot groep kleuterskoolkinders gisteroggend eers meer van voëls geleer. Die kinders het grootoog toegekyk hoe onder meer ’n pelikaan, valk en Kaapse aasvoël vlak oor hul koppe vlieg.

Boemsie die Nar en Mr Magic het die kinders ’n uur lank met hul manewales en toertjies bekoor, en die sangeres Etha het ’n klompie van hulle die kans gegee om hul danstalent ten toon te stel toe hulle as haar dansers tydens ’n sangnommer kon optree. ‘n Paar treffers van toeka het ouer lede van die gehoor ver laat terugdink.

In die middagvertoning, waar Williams sy versameling slange vertoon het, het die kinders haastig geskarrel toe Williams van die verhoog stap met ’n molslang, sodat die kinders daaraan kon vat. Die idee het hulle nie geval nie en hulle het liewers koers gekies. Eers met Williams – en die slang – weer veilig op die verhoog, het hulle na hul sitplekke teruggekeer.

Die fees kry vandag verdere momentum wanneer kunstenaars soos Arno Jordaan, Willem Botha, Robbie Klay, Wicus van der Merwe en Thys die Bosveldklong optree.

Laurika Rauch lewer vanaand haar gebruiklike kragtoer wanneer sy in die Fanie Malan-saal sing.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer