Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Besoekers stroom na gewilde Kersiefees
Die kersie is op die koek. Heelwat mense het reeds gister na die gewilde Kersiefees op die dorp gestroom.
Spotprent
Kry jou daagliks spotprent hier.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Mangaung-raad nou oorlogsone tussen ANC-faksies, sê DA
Sep 04 2008 11:33:16:980PM  - (SA)  
Marietjie Gericke



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Mangaung-raad in Bloemfontein het nou ’n oorlogsone tussen ANC-faksies in die raad en ’n “speelbal” vir Luthuli-huis, hoofkwartier van die ANC, geword.

Só sê prof. Johan Grobbelaar van die DA in ’n verklaring nadat ’n tweede spesiale raadsvergadering van die Mangaung-raad die afgelope week tot Dinsdag uitgestel moes word omdat die opposisiepartye uit die raad geloop het.

Hulle is ontevrede met die waarnemende speaker, me. Maureen Scheepers, wat volgens hulle “onwettig” aangestel is.

Die wet bepaal ’n lid van die burgemeester se uitvoerende komitee kan nie ook as speaker waarneem nie.

Grobbelaar sê dit is ’n verleentheid dat die raad die slagveld vir die ANC geword het. Die regerende party behoort sy kop in skaamte te laat sak. Plaaslike regering is daar om dienslewering, plaaslike ekonomiese ontwikkeling, goeie regering en finansiële bestuur en volhoubaarheid en transformasie te bewerkstellig.

“Maar pleks hiervan het die raad nou ’n oorlogsone tussen verskillende faksies binne die ANC geword – in so mate dat die raad se doel en mandaat ondermyn en misbruik word. Dit het die belastingbetalers van Mangaung in die steek gelaat.”

Grobbelaar sê langer as ses maande al, sedert die ANC se Polokwane-kongres, word raadslede aan binnegevegte en ondermynende aktiwiteite blootgestel. Die afgelope twee maande word die een raadsvergadering ná die ander op die nippertjie uitgestel.

“Spesiale vergaderings van die raad het net te make met die binnegevegte en magstryde binne die ANC.”

Grobbelaar sê hoewel 38 keer na die woord “demokrasie” in die strategiese dokument van Polokwane verwys word, is raadslede van Mangaung allermins besig met demokratiese besluitneming. Mangaung het ’n “speelbal” van Luthuli-huis geword.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer