Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Loesing met waaierband
Sep 04 2008 11:29:24:177PM  - (SA)  
Henry Cloete



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Sewe jong skoolkinders wat na bewering herhaaldelik deur ’n onderwyser met ’n waaierband oor die rug geslaan is terwyl hulle hulpeloos in die lug gehang het, moes kort ná dié ervaring hul tasse pak en gesamentlik die Onse Vader in Setswana opsê.

Mev. Dikeledi Moshe (49) is in hegtenis geneem en het gisteroggend in die landdroshof op Bultfontein op aanklag van aanranding verskyn nadat sy na bewering hierdie week die sewe kinders in ’n plaasskool naby Dealesville in die Vrystaat meedoënloos met dié stuk motortoerusting geslaan het. Sy is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die verhoor is tot 22 September vir verdere ondersoek uitgestel.

Die sewe leerlinge woon almal op die plaas Meerlandsvlei, waar hul ouers as plaaswerkers werk.

Die Laerskool Rankunyane, waar ongeveer 25 kinders skoolgaan, is sowat 25 km van dié plaas af. Moshe is die enigste onderwyser by die skool wat twee klasse het.

Mev. Elisa Maditjane, wie se tienjarige seun een van dié is wat na bewering met die waaierband aangerand is, sê sy was geskok en het erg gehuil toe die kinders Dinsdag ná skool by die huis kom met die hale oor hul rûe.

Hulle het Moshe die volgende dag aangekla.

Met behulp van Maditjane se tolkwerk het die kinders vertel die onderwyser was in die een klas terwyl hulle in die ander was. Hulle het gesels en geraas totdat die onderwyser haar gesig by die venster gewys en gesê het hulle moet stilbly.

Toe hulle nie bedaar nie het sy na bewering by die klas ingekom en op die kinders geskree: “Julle leer nie!”

Met die waaierband in haar hand het sy een kind beveel om nader te kom. Hy het probeer wegkom. Die onderwyser het toe na bewering van die groter kinders beveel om hom vas te hou.

Met skokkende realisme het die kinders gister op die plaas aan Volksblad gewys hoe hulle een vir een opgetel en vasgehou is terwyl Moshe hulle na bewering herhaaldelik met die waaierband geslaan het.

Vier groter kinders, een by elke ledemaat, sou die kinders beurtelings optel en onderstebo in die lug laat hang terwyl sy hulle dié loesing toegedien het. Hulle moes hul hemde uittrek. Van die kinders is tot tien maal oor die rug geslaan.

Twee meisies en vyf seuns het deurgeloop. Hulle is tussen sewe en twaalf jaar oud. Ná die loesing moes hulle na bewering in ’n groepie staan en die Onse Vader in Setswana opsê.

Een van die groter seuns wat die kinders moes vashou, woon ook op die plaas. Hy het gesê die onderwyser het hulle beveel om dit te doen. “Dit het nie reg gevoel nie. Dit het baie sleg gevoel.”

Die kinders se ouers is ontstoke oor die voorval.

“Die gedagte dat ’n ander vrou só aan jou kind slaan, is vir ’n ma verskriklik,” het Maditjane gesê.

Aangesien Moshe die enigste onderwyser by die skooltjie is, was daar nie gister skool vir die leerlinge nie. Dit is onseker wanneer hulle weer skool sal hê.

Mnr. Hannes Linde, eienaar van Meerlandsvlei, sê hy was geskok toe hy die kinders sien. “Onderwysers is veronderstel om leiding te gee in hierdie tyd met al die skolegeweld, maar nou is dit hulle wat die kinders aanrand.”

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer