Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Kuierfees blom weer
Sep 06 2008 04:53:45:017AM  - (SA)  
andré BOTHA



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

UPINGTON. – Die grootste aantal besoekers aan die Kalahari-Kuierfees word vandag verwag, en die fees sal vanaand met ’n groot vuurwerkvertoning sy hoogtepunt bereik.

Die organiseerders is intussen tevrede met die aantal mense wat tot dusver deur die hekke by Die Eiland gestroom het, en ook by die Meerkatgat aan die oewer van die Oranjerivier en by die Absa-Vryverhoog ’n draai gemaak het.

Die teaterproduksies is ook stewig ondersteun.

Me. Christelle Oelofse, skakelbeampte vir die fees, sê die vuurwerkvertoning is vanjaar vroeër, sodat die hele gesin dit kan bywoon. Dit sal verseker dat meer mense dit sal bywoon, en die vertoning beloof om skouspelagtig te wees. Mense kan die vertoning op Die Eiland dophou, of andersins oorkant die rivier by die Meerkatgat.

Die vuurwerkvertoning beteken egter nog nie die einde van die fees nie, en mense kan nog lank daarna by die Huisgenoot-verhoog op Die Eiland saamkuier en saamluister na die Soweto String Quartet en Mandoza.

In die Meerkatgat sal Foto na Dans en Arno Jordaan onder andere vir die laatnag-vermaak verantwoordelik wees.

Nog ’n hoogtepunt vandag is die Kumba Iron Ore Classic-fietswedren, wat reeds vroegoggend begin. Die Kumba Iron Ore-Kermesse begin om 12:00, en beloof om ook groot opwinding op te lewer. Die Bybelgenootskap se Lekkerstap begin om 09:00.

Dat die naweek voor die deur is, het gister geblyk toe heelwat meer mense as eergister op die feesterrein was. Aangename sonskynweer, met ’n ligte, koel windjie, was ideaal vir die fees.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer