Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
'Karien' groet 7de Laan
JOHANNESBURG. – Die Laan se gunsteling-blondekop groet. Christi Panagio (Karien Momberg) sal oormôre die laaste keer in die gewilde SABC2-sepie 7de Laan te sien wees. Panagio se laaste dag op die stel was sowat twee maande gelede, maar Maandagaand is sy die laaste keer op die kassie. Haar karakter het in ’n warrelwindromanse dolverlief geraak op die skatryk Roelof (Stefan Ludik) en gaan haar saam met hom in New York vestig. Haar laaste dag op die stel was baie emosioneel, sê Panagio. Sy sê sy skuif verseker oormôre voor die kassie in om haar laaste episode te kyk. “Ek dink omdat Karien so ’n nice girl is, is daar baie mense wat van haar hou. Ek dink sy gaan gemis word in die Laan.” Panagio het haar intussen by haar man, Nico, voorheen George Kiriyakis in die sepie en nou onder meer ’n aanbieder van Top Billing, in die Kaap aangesluit en die egpaar woon nou daar. Sy sê sy het nog “glad nie” duidelikheid oor haar toekomsplanne nie. “Ek sal definitief nog wil act, maar ek het ’n paar ander talente wat ek wil ontgin. “Nie noodwendig voor die kamera nie.” Intussen is Nico aangewys as die voorsitter van die raad van Missing Children SA. Die grootste rede waarom hy dié taak opgeneem het, sê hy, is omdat hy sy mediablootstelling kan gebruik om mense oor die lot van kinders in die land bewus te maak. “Kinders is in dié stadium die groep in die land wat die swaarste kry. As ons hulle nie sterk maak nie, wie gaan later die land regeer?” Op die vraag of die tweetjies reg is om met hul eie gesin te begin, sê hy: “Ons is op die oomblik albei baie besig, maar as dinge ’n bietjie rustiger is, is dit beslis in die kaarte.” Vroulief se antwoord was: “Ons onderhandel hieroor.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|