Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Bok-skouspel in BFN
Met soveel Springbok-sterre vandag op Vodacompark in Bloemfontein is die tafel gewis gedek vir ’n rillerstryd tussen die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs en die Westelike Provinsie. Dit is byna gepas dat die William Webb Ellis-beker, wat die Springbokke verlede jaar op die Wêreldbekertoernooi in Frankryk ver-ower het, juis vandag tydens dié Curriebeker-wedstryd op Vodacompark vertoon word. Met 21 Springbokke, van wie 13 vir WP en 8 vir Vrystaat speel, in die twee 22-talle is daar oorgenoeg rugbysterre van die wêreldkampioenland wat vandag hul talente in die Rosestad gaan uitstal. Juan Smith, Adriaan Strauss, Schalk Burger en Jean de Villiers tel onder die verskeie Bok-uitblinkers wat aanhangers vandag sal ondersteun. Die WP se Curriebeker-ambisies kan in ’n doodloopstraat beland indien die Kapenaars vandag versuim om ’n sege oor die Curriebeker-kampioen te behaal. Die WP se desperaatheid en Vrystaat se ambisie om ’n Curriebeker-halfeindstryd en -eindstryd vir Oktober op sy tuisveld te beklink is alles boustene in die intrige van vandag se wedstryd wat om 15:00 begin. Mnr. Harold Verster, president van die Vrystaatse Rugbyunie, het vandeesweek gesê dit is ’n groot wedstryd wat voorlê. “Ek dink, gemeet aan vanjaar se toeskouergetalle, gaan ons rekordgetalle sien. Ons sien baie uit daarna.” Verster het ook die Cheetah-afrigter, mnr. Naka Drotské, wat vandeesweek as die Curriebeker-reeks se afrigter van die maand aangewys is, gelukgewens. Drotské het op sy beurt die rol van die ganse afrigting- en bestuurspan asook die spelers erken. Hy het wel gesê die WP se sterbelaaide span is een wat nou ’n veel moeiliker teenstander is as die span wat sover in die Curriebeker-reeks swak gevaar het. Terselfdertyd glo die Cheetah-breier Bloemfontein is gewis nie die Kapenaars se gunstelingplek om te kom rugby speel nie en dink die tuisskare kan ’n groot rol speel om die Cheetahs tot ’n sege aan te spoor. “Die skare speel ’n groot rol. Die een ding wat ons van veral WP en die Haaie weet, is dat hulle nie daarvan hou om in Bloemfontein te speel nie. “As jy self ’n speler was en al met hulle gesels het, weet jy dit is die een ding waarvan hulle nie hou nie. “Maar dit help nie hulle speel in Bloemfontein en daar sit 3 000 mense op die paviljoen nie. “Dus, hoe meer mense ons kan kry, hoe makliker is dit vir ons.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|