Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Springer val seer
’n Valskermspringer van Bloemfontein het sy eerste ernstige besering in meer as 2 500 spronge opgedoen toe sy valskerm se lyne aan ’n boom vasgehaak het. Nou het mnr. Conrad Botha (44) besluit om die valskerm op te hang. Hy het Donderdag in ’n demonstrasiesprong op ’n gholfdag by die Bloemfontein-gholfklub sy bekken op sewe plekke gebreek. “Ek het ’n oordeelsfout met die hoogte begaan,” sê Botha, wat al sedert 1992 valskerm spring. “Ek het twee opsies gehad: Ek kon óf ’n bietjie verder probeer land óf op die ander skoon veld probeer land. Ek was te laag om verder te probeer land. My valskerm se lyne en my been het toe aan die boom gehaak en die valskerm het toegemaak. Ek het regdeur tot op die grond geval.” Paramedici van Netcare 911 en ER24 het hom behandel en na die Bloemfontein-Medi-Clinic vervoer, waar hy nou lê en deur sy vrou, Lente, ondersteun word. Hy is nou klaar met valskermspring. “Ek los dit nou vir die jonger laaities,” sê hy met ’n droë glimlag. Hy wil egter graag aanhou vlieg en vlieënier vir ander valskermspringers wees. Hy is ’n lid van die Valskermspringersvereniging van Suid-Afrika (Pasa) en die Bloemfontein-valskermsentrum. Hy sê volgens sy dokter kan dit sewe maande wees voordat hy weer kan vlieg. Mnr. Charl Rootman, hoofinstrukteur van die valskermsentrum, sê dié soort ongeluk is baie skaars.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|