Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Kalahari-kuierfees sluit bruisend en kleurig af
Sep 07 2008 10:48:15:980PM  - (SA)  
André Botha



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

UPINGTON. – Dit was ‘nja, en as jy nie da was nie, het jy iets gemis!

Dit is die Kalahari-kuierfees, wat Saterdagaand kleurig en bruisend afgesluit het.

Duisende mense het Saterdag deur die hekke van die fees op Die Eiland gestroom. Saterdagaand was dit stampvol voor die hoofverhoog. Ook in die Meerkatgat op die ander oewer van die rivier het dit jolig gegaan.

’n Kleureprag met die vuurwerkvertoning het om 20:30 die donker lug bo die rivier verhelder en die groot skare het gereeld na hul asem gesnak.

Toe die laaste blink sterretjies van die vuurwerk in die lug verdwyn, was dit nie die einde van die opwinding nie.

Die skare het teruggekeer na die stoele voor die hoofverhoog en die Soweto String Quartet het die skare met ’n reeks Afrikaanse liedjies aan die dans gehad.

Vuurwerk van ’n ander aard het egter met die laaste vertoning van die fees gewag. Toe Mandoza op die verhoog verskyn, het Die Eiland behoorlik ontplof. Jonk en oud, wit, swart en bruin, Afrikaans en Engels, het saamgesing en -gedans.

Vroeër die aand het die sanger-komediant Emo Davids reeds die skare op sy voete en in ’n vrolike luim gehad met sy eiesoortige musiek en Kaapse humor.

Die organiseerders is in hul noppies met die bywoning van die fees. Teen omstreeks 15:00 het meer as 4 000 mense vir die dag reeds deur die hekke gestroom.

Die Kalahari-kuierfees het gewys dat hy geen tree vir ander feeste met groter begrotings hoef terug te staan nie.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer