Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Natalie wen goud vir SA
BEIJING. – Suid-Afrika het weer ’n sport-uitvoerproduk waarop hy trots kan wees. Haar naam is Natalie du Toit en sy het gister Suid-Afrika se eerste goue medalje op die Paralimpiese Spele – in ’n wêreldrekordtyd – verower. Du Toit se wentyd in die 100-vlinderslag vir vroue was 1:06.7 In die uitdun vroeër die dag het sy die Paralimpiese rekord tot 1:07.08 verbeter. Sy het skaars tyd gehad om uit die swembad te klim toe die groot media-toutrek begin het oor wie die eerste en die langste met Du Toit kan praat. Almal wou minstens ’n sin van Du Toit se woorde op video, band of papier vaslê. Dit is eintlik nie vreemd nie. Sedert verlede Vrydag is Du Toit in Beijing méér as groot nuus. Daar het nog nie ’n dag verbygegaan wat haar foto nie in die een of ander Chinese koerant verskyn het nie en dat daar nié genoem word nie dat sy die eerste sportpersoon is wat in dieselfde jaar aan sowel ’n Olimpiese Spele as aan die Paralimpiese Spele deelneem. In die media se heldeverering in Beijing raak feite soms effens verdraai. Só is daar op die Paralimpiese webwerf per geleentheid berig dat Du Toit haar linkervoorarm in ’n motorfietsongeluk verloor het. Du Toit hoop om vyf goue medaljes te wen. Dit sou ses kon gewees het as dit nie was vir ’n fout van Suid-Afrika se sportbeamptes nie. Du Toit het net haar eerste televisie-onderhoude afgehandel en met die handjievol Suid-Afrikaanse joernaliste begin gesels toe ’n Spele-beampte haar kom roep en sê dat sy nog ’n televisie-netwerk te woord moes staan. Toe dié afgehandel was, het sy teruggestap en weer begin praat oor haar goue oomblik in die swembad. “Ek is beslis fikser vir vanjaar se Paralimpiese Spele. “Dit is te danke aan die oefening wat ek vir die 10 km-oopwater-swem gedoen het. Maar daar is tog ’n groot verskil. In die swembad is alles soveel korter en vinniger. Jy moet die hele tyd kophou.” Du Toit wou net begin praat oor haar swak wegspring toe sy nog ’n keer weggeroep is – dié keer omdat sy vir die medalje-seremonie moes gaan regmaak. Sy het begin teëstribbel. “Dit is Suid-Afrikaners, my mense, ek wil met hulle praat. Kan julle nie my sweetpak gaan haal nie, dan praat ek gou klaar met hulle?” Die beampte was onverbiddelik. Tyd is tyd. Du Toit moes weer omdraai. Met die wegstapslag het sy omgekyk en gesê: “Sorry guys.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|