Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Ronaldo wen Goue Bal
Ná maande van bespiegeling oor wie met die gesogte Ballon d'Or gaan wegstap, het dié eer Cristiano Ronaldo te beurt geval.
SA glo een van gevaarlikste bestemmings
'n Britse koerant het Suid-Afrika op 'n lys van 20 gevaarlike bestemmings geplaas.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Twee van SA sterf in Nieu-Seeland
Sep 07 2008 10:43:07:130PM  - (SA)  
Louise Luttig



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

AUCKLAND. – Twee Suid-Afrikaanse mans is in Nieu-Seeland weens versmoring dood en ’n derde is in ’n ernstige toestand in die hospitaal nadat ’n kampeer-uitstappie lelik skeefgeloop het.

Die voorval het op die Ruapeke-kampeerterrein naby Raglan in die Hamilton-omgewing gebeur toe die mans skynbaar in die nag ’n vleisbraaitoestel binnenshuis gebruik het en hulle aan koolstofmonoksiedgas blootgestel is.

Die voorval het Sondagoggend aan die lig gekom toe ’n seun van een van die oorledenes hulle glo gaan wakker klop het vir ’n hengeluitstappie. Hy kon nie die deur oopkry nie. Die oorlewende man, wat in daardie stadium nie kon beweeg nie, het hom glo gevra om hulp te gaan soek.

’n Lugambulans het die 32-jarige oorlewende na die Devonport-vlootbasis in Auckland gebring, waar hy in ’n hiperbariese kamer behandel is, wat soortgelyk is aan dekompressiebehandeling vir borrelsiekte. Hy is in ’n ernstige toestand en sal waarskynlik ’n operasie moet ondergaan.

Die oorledenes se name is nog nie bekend gemaak nie.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer