Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Prinse gaan op motorfietse deur SA ry
LONDEN. – Prinse William en Harry beoog om later vanjaar ten bate van vigswesies meer as 1 600 km op motorfietse deur Suid-Afrika en Lesotho te ry. Die twee is egter gewaarsku teen Suid-Afrika se “noodlottige” paaie. Besonderhede van die week lange reis met 200cc-motorfietse op hoofsaaklik grondpaaie word egter dig gehou. Dit word vergelyk met die een wat die akteur Ewan McGregor en sy vriend, Charlie Boorman, onderneem het en wat later in die televisiereeks Long way down uitgebeeld is. Vroeër vanjaar was daar onsekerheid of die reis sal voortgaan weens vrese oor die twee broers se veiligheid. Gister het The Sunday Telegraph egter berig die twee is vasbeslote om deur te druk. Albei is dol op motorfietse en Afrika. Harry (23) was sowat twee maande gelede in Lesotho om in sy ma, wyle prinses Diana, se voetspore te volg en liefdadigheidswerk daar te doen. Sy meisie, Chelsy Davy, is van Zimbabwe en hy besoek die streek gereeld. Die motorfiets-avontuur was glo sy idee en sy 26-jarige broer was glo onmiddellik ewe geesdriftig. Davy en Kate Middleton, William se meisie, gaan nie saam ry nie, maar hulle wel aan die einde van die reis by die twee aansluit. Advies van die Statebond se kantoor lui dat hoewel daar ’n hoë voorkoms van misdaad in Suid-Afrika is, vind dit hoofsaaklik in townships en afgeleë plekke plaas. Die standaard van paaie wissel, maar “noodlottige ongelukke” kom dikwels voor. Vir Lesotho word weer gewaarsku teen grypdiewe en kapings.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|