Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Kleinseun maak Riaan 'n nar
Oct 04 2008 12:57:50:383AM  - (SA)  
Susan Cilliers



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – ’n Kleinseun maak van ’n pa ’n man en van ’n oupa ’n kind, is al gesê, maar Riaan Cruywagen se kleinseun maak van hóm ’n nar.

Só het die nuusleser gister geskerts oor sy eerste kleinkind, Tiaan. En al is die kleintjie nog nie eens ’n jaar oud nie, hoor hy reeds Haas Dasstories, bieg Cruywagen.

Die Internasionale dag vir Grootouers word môre gevier. Dr. Zola Skweyiya, minister van maatskaplike ontwikkeling, het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om dié dag ook te vier en so aan ouer mense hulde te bring vir die bydrae wat hulle tot die samelewing gelewer het en steeds lewer.

Tiaan is die seun van Cruywagen se dogter, Anita. “Ek sou nooit kon dink dat ek ook eendag allerhande dingetjies met my kleinkind sou doen soos om met hom rond te stap, dinge vir hom te wys en in ’n snaakse stemmetjie te praat nie. Dis ongelooflik,” is hoe Cruywagen sy lewe as oupa beskryf.

Gelukkig kan hy die klein mannetjie gereeld sien, want dié woon ook in Johannesburg.

Die Verenigde Nasies het 1 Oktober tot internasionale dag vir ouer mense verklaar, en ook besluit die eerste Sondag in Oktober sal aan oupas en oumas gewy word. “Ouer mense is die hoeksteen van baie gemeenskappe en huishoudings in Suid-Afrika. Baie grootouers sorg vir hul kleinkinders. Pleks daarvan om af te tree, word hulle ouers vir kinders wie se ouers nie na hulle kan kyk nie weens onder meer MIV/vigs,” het Skweyiya gesê.

“Ouer mense is ook die bewakers van ons erfenis, ’n bron van kennis en die draers van tradisies.” In Suid-Afrika kry 2 317 540 mense ’n ouderdomspensioen van die staat.

Die nasionale viering van grootouerdag vind môre om 10:00 by die Apostoliese Geloofsendingkerk in Atteridgeville, Pretoria, plaas. Skweyiya gaan ook daar wees.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer