Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

‘Ouer mense se kundigheid nodig’
Oct 06 2008 12:33:40:580AM  - (SA)  
Hannatjie van der Merwe



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

WARRENTON. –Die bou van ’n nuwe gemeenskap met nuwe waardes is ’n erkenning dat ouer mense ’n integrale deel van die gemeenskap is en dat hul kundigheid en wysheid benodig word.

Só het mnr. Goolam Akharwaray, Noord-Kaapse LUR vir maatskaplike dienste en bevolkingsontwikkeling, hier gesê toe hy saam met ouer mense en inwoners die internasionale dag vir ouer mense gevier het.

’n Verklaring sê die doel van die dag was om aandag aan die welsyn van ouer mense in die wêreld te gee, hul waardevolle bydraes in die gemeenskap te erken en om hul basiese menseregte te beklemtoon: onafhanklikheid, deelname, sorg, waardigheid en selfvervulling.

Akharwaray het gesê die regering verbind hom weer tot die welsyn en die beskerming van die regte en waardigheid van ouer mense – veral hulle wat sorg nodig het.

Hy het gesê ouer mense is die boustene van families.

Hulle is nie ’n las soos wat dit vroeër beskou is nie, maar ’n bate.

“Hulle is die beskermers van ons erfenis, ’n bron van kennis en hulle dra die tradisies van een generasie oor na die volgende.”

Akharwaray het gesê ouer mense se ondervinding en wysheid moet vir volhoubare ontwikkeling in die land benut word.

Ouer mense word op die randjie van die gemeenskap en onsigbaar gehou ongeag hul bydraes tot die ontwikkeling van nasies.

Dit sal ’n einde kry soos wat voortgegaan word om ’n nuwe gemeenskap vir almal te bou.

Hy het beklemtoon ouer mense word deur hul kinders en kleinkinders mishandel en verwaarloos, maar die regering sal seker maak sulke optrede word uitgeroei.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer