Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Kerk pleeg verraad teen Belhar - Boesak
JOHANNESBURG. – Dr. Allan Boesak het die algemene sinode van die Verenigende Gereformeerde Kerk dié naweek van verraad teen die Belydenis van Belhar beskuldig. Boesak het die sinode Vrydagaand geskok met die aankondiging van sy bedanking uit alle verkose posisies in die kerk nadat hy tydens die debat oor homoseksualiteit daarvan beskuldig is hy belaster die Belydenis van Belhar. Dit het gekom nadat Boesak op grond van Belhar aangevoer het die kerk moet gay lidmate volledig aanvaar, hul huwelike bevestig en dominees in gay-verhoudings op hul kansels toelaat. Boesak het Saterdagoggend gesê in sy hart is die besluit finaal, maar hy sal nie sy bedankingsbrief skryf voordat hy met sy mense gepraat het nie. Gister het hy gesê hy praat môre met die Kaapse moderatuur en Woensdag met die kuratorium. Hoe meer hy daaroor dink, hoe minder dink hy is die kans dat hy van plan sal verander. Boesak het baie skerp woorde vir die sinode gehad, al sê hy hul kritiek was nie teen hom persoonlik gemik nie. Wat volgens hom gebeur het, is hy het die sinode gekonfronteer met ’n saak en hulle was nie emosioneel of teologies gereed om daaroor te praat nie. Die manier waarop sinodegangers die Bybel lees, is diep fundamentalisties. Hulle kan daarmee glad nie aanspraak maak op ’n diep gereformeerde lees van die Bybel nie. Hulle kon nie die argumente in die verslag wat hy voorgedra het, weerlê nie. Daar was afgevaardigdes wat vir hom gesê het hulle kan hom nie antwoord nie, maar hulle gaan tog teen hom stem. In die sinode is daar ’n diepe haat en afsku vir gay mense. Omdat hy hulle besweer het om nie in ’n Mugabe-styl oor gays te praat nie, moes hulle hul woede en afsku vir gay mense op hom uithaal. Wat die sinode eintlik wou hê, is ’n taakspan wat met ’n anti-gay- verslag na vore kom. As jy dit doen, sê Boesak, laat jy die Bybel praat na jou eie tongval, na jou eie vooroordele. Boesak sê hy sien nie langer kans om ’n kerk te verteenwoordig wat só verraad pleeg teen die Belydenis van Belhar nie. Die posisies waaruit Boesak wil bedank, is dié van Kaapse moderator en lid van die kuratorium en sinodale kommissies. Boesak sê hy sou ook aanstaande jaar by drie Amerikaanse kerke oor Belhar gaan praat het, maar dit sal hy nou ook van die hand moet wys.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|