Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Volksblad se redaksielede raap verskeie pryse op
Oct 06 2008 12:19:37:200AM  - (SA)  
Karen Ebersohn



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Volksblad-redaksielede het byna skoonskip gemaak in die jaarlikse Vodacom-joernalis van die jaar-kompetisie vir Sentraal-Suid-Afrika met die vyf pryse wat hulle losgeslaan het.

Die prysuitdelingsgeleentheid is Vrydagaand by Oliewenhuis gehou.

Veral beriggewing oor die herrie rondom die sogenaamde Reitz-video het die pryse laat inrol.

Henry Cloete, verslaggewer, het die prys vir gedrukte media vir sy verslaggewing oor die Reitz-voorval gewen. Volgens die beoordelaars het Cloete “goeie verhoudings met sy kontakte gehad en goeie indiepte- en verstaanbare berigte geskryf”. Die beoordelaars het gesê sy twee berigte “UV-slagveld” en “Video-bom” het al die waardes van ’n goeie nuusberig bevat.

’n Rubriek uit die pen van Christo van Staden, hoofredaksielid, het hom die rubriekskrywersprys laat wen.

Die rubriek, ’n brief aan die studente wat na bewering die Reitz-video gemaak het, word deur die beoordelaars as “ ’n gebalanseerde mening oor ’n kritieke kwessie” beskryf.

Emile Hendricks, fotograaf, se reeks foto’s oor die Reitz-voorval het hom die fotografie-afdeling laat wen.

Die beoordelaars het gesê sy foto’s het die leser in die middel van die aksie geplaas.

“Sy foto’s het die oorsaak van die voorval, naamlik rassisme, baie goed uitgebeeld.”

Vida Booysen van Sake24 se redaksie by Volksblad, se storie oor ’n entrepreneur wat bo uitgekom het ondanks ’n gebrek aan ondersteuning en aanvangslenings deur finansiële instansies het aan haar die eerbewys in die finansiële afdeling besorg.

Die beste spotprenttekenaar-prys het aan Gavin Petersen, ook van Volksblad, gegaan.

Die beoordelaars meen sy prent oor die ANC se kongres in Polokwane verlede jaar, wat hy tien dae voor die kongres reeds gedoen het, is uitstekend gedoen en hy het daarin geslaag om dinge wat verkeerd kan gaan te voorspel.

Ander wenners uit Sentraal-Suid-Afrika is:

Anton Smith van die tydskrif Passi het die prys vir ’n glansartikel in die gedrukte media gewen.

Cindé Greyling, ook van Passi, het die sportprys gewen.

Solly Mphatso van SAFM, wat deel is van die SABC-groep, het die prys vir radio-nuus gekry.

Die nuusredakteur van Ofm, Owen Kock, het met die prys vir indiepte-beriggewing weggestap.

Charlene en Eddie Stanley van e.tv het twee pryse gewen. Die eerste een is vir ’n TV-nuusstorie en vir ’n TV-glansprogram.

Dié streekwenners het elk R7 500 se prysgeld ontvang en sal in November in Johannesburg om die nasionale pryse meeding.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer