Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Voormalige jeugligaleier (37) eindelik 'n man
Oct 06 2008 12:11:39:077AM  - (SA)  
Henry Cloete



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Mnr. Fikile Mbalula (37), voormalige ANC-jeugligaleier en lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), is eindelik ’n man.

Met groot feesviering is hy die naweek terugverwelkom nadat hy byna ’n maand by ’n Xhosa-inisiëringskool in Philippi in die Wes-Kaap was. Sy terugkeer is by sy ouers se huis in Lourierpark, Bloemfontein, gevier.

Die inisiëring, wat Mbalula op ’n ongewoon laat ouderdom ondergaan het, is vroeër in omstredenheid gedompel nadat verskeie koerante berig het Mbalula is glo teen sy wil na die skool gebring, onder andere deur mnr. Tony Yengeni, NUK-lid. Hy het hom glo ook teëgesit teen die meer “sensitiewe” dele van die seremonie.

Dié berigte is deur die Mbalula-familie as moedswillig afgemaak. Hulle sê Mbalula wou al vroeër die seremonie deurmaak, maar het weens politieke verpligtinge besluit om dit later te doen.

Verskeie hooggeplaaste ANC-lede het hul opwagting by die Mbalula-woning gemaak, waar kookpotte Saterdag reeds van vroegoggend aan’t prut was en ’n senuagtige bul kort-kort neffens die onheilspellende vure gesnorkblaas het.

Onder hulle tel Yengeni, mnr. Julius Malema, omstrede leier van die ANC-jeugliga, mnr. Ace Magashule, Vrystaatse ANC-leier, en die sekretaris-generaal van die ANC se vroueliga, me. Bathabile Dlamini.

Lede van die media moes lank wag op ’n beloofde vraag-en-antwoordsessie met Mbalula. Bejaarde lede van die gemeenskap, wat met hom in ’n seiltent buite die huis in gesprek was oor onder meer wysheid, het egter ter elfder ure besluit en aangekondig ’n onderhoud sal nie goed saamval met die tradisie nie.

Mbalula het wel eindelik sy verskyning uit die tent gemaak, geklee in tradisionele drag en met rooi oker besmeer. Saam met ’n optog is daar dansend en singend na ’n nabygeleë tent beweeg vir verdere feesvieringe.

Die feesvieringe het tot gister aangehou. Mnr. Zizi Kodwa, die familie se woordvoerder, het vroeër aan Volksblad gesê die feit dat hy die seremonie so laat in sy lewe ondergaan, was nooit ’n probleem nie.

“Hy is baie tevrede met die besluit.”

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer