Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Colour Blind bring gehoor op hul voete
Danksy ses talentvolle leerlinge aan Grey-kollege (sekondêr) in Bloemfontein kan die Vrystaat met reg trots wees. Die groeplede van Colour Blind – Tshepo Moekwena (sanger), Bernard Brits (tromspeler), Dale Hawkins (kitaar), Franco du Toit (kitaar), Ruan van der Merwe (klawerbord) en Kevin Kok (baskitaar) – is die naweek as die noordelike wenner van Jip-Rockspaaider op Aardklop in Potchefstroom aangewys. Colour Blind was die Vrystaatse finalis en het reeds met die groep se eerste liedjie die gehoor gaande gehad. Met reg: Hul vertoning was uit die boonste rakke en die lede is uitstekende musikante. Nadat al sewe groepe opgetree het (drie suidelike en vier noordelike deelnemers), het die gewilde Straatligkinders opgetree terwyl die beoordelaars hul keuse moes maak. Hierna is eers die verskillende afdelingswenners aangekondig. Tshepo is as die beste sanger van die aand aangewys. Colour Blind is vanjaar se noordelike wenner en Peter Poon die suidelike wenner. Albei groepe wen ’n agt-snit-albumopname, R5 000 kontant en ’n musiekvideo. - Colour Blind se volgende optrede is op 18 Oktober saam met Glaskas, Rush Hour, Naudé Swart en die Grey-kollege-boereorkes by die Grey-kollege-swembad. Die vertoning begin om 18:30 vir 19:00. Colour Blind het ook ’n Facebook-groep waarby hul ondersteuners hulle kan aansluit.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|