Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Ronaldo wen Goue Bal
Ná maande van bespiegeling oor wie met die gesogte Ballon d'Or gaan wegstap, het dié eer Cristiano Ronaldo te beurt geval.
SA glo een van gevaarlikste bestemmings
'n Britse koerant het Suid-Afrika op 'n lys van 20 gevaarlike bestemmings geplaas.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

NK-boer vermoor, nog een in aanval geskiet
Oct 05 2008 11:54:59:193PM  - (SA)  
Hannatjie van der Merwe



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

GARIES. – Inwoners hier is geskok nadat ’n boer vermoor en ’n ander een deur twee verdagtes in sy huis verras en ontvoer is.

Kapt. Cherelle Ehlers sê die polisie ondersoek die dood van mnr. Fanie Kotze (67) en die ontvoering van mnr. Nick Engelbrecht (69).

Sy sê Engelbrecht het Vrydag omstreeks 18:00 op sy plaas aangekom en die twee verdagtes het in sy huis gewag.

Hulle het vuurwapens wat hulle na bewering hier gesteel het, by hulle gehad. Hulle het Engelbrecht gedreig en in hul voertuig ingedwing.

Die verdagtes het hiervandaan na Kotze se plaas gery.

Engelbrecht het hier daarin geslaag om na die huis te hardloop. Een van die verdagtes het skote afgevuur en Engelbrecht is in sy linker-boarm getref. Kotze is in die gesig geskiet en is op die toneel dood.

Sy vrou het daarin geslaag om die huis te sluit en die polisie te kontak. Die verdagtes het gevlug.

Ehlers sê Kotze se vrou en Engelbrecht het die verdagtes uitgeken. Die polisie is dadelik na hul huise, maar hulle was toe nog aan die weghardloop.

Die polisie het die twee verdagtes van 18 en 19 jaar oud Saterdag in die vroeë oggendure vasgetrek.

Hulle sal in die hof verskyn op aanklagte van huisbraak en diefstal, ontvoering, die opsetlike saakbeskadiging van eiendom, moord en poging tot moord.

Inwoners sê die gebeure is tragies. Engelbrecht is ’n alleenloper en is vermoedelik met ’n haelgeweer geskiet. Hy word in ’n hospitaal in Kaapstad behandel.

Die verdagtes het glo voorheen by ’n plaashuis hier ingebreek.

Kotze word oorleef deur sy vrou, Lettie, ’n dogter, Ina, en ’n seun, supt. Albie Kotze, wat die hoof van die afdeling vir finansies van die polisie op Springbok is.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer