Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Jong man dood in grusame ongeluk
Oct 05 2008 11:49:01:467PM  - (SA)  
Henry Cloete



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Jong man van Bloemfontein is Saterdag omstreeks 18:15 dood toe die motor waarin hy en drie ander mense gery het na bewering ’n randsteen in die stad getref en ’n paar keer gerol het voordat dit teen ’n betonmuur tot stilstand gekom het.

Die motor het blykbaar in sy roltog ’n lamppaal getref wat byna ongeskonde bly staan het. Die ongeluk het op die hoek van Genl. De la Rey-laan en Memoriamweg oorkant die Memoriam-begraafplaas in die stad gebeur.

Oorblyfsels van die erg verfrommelde motor het oor die pad gestrooi gelê.

Vier jong mans was in die blou Toyota Corolla, sê kapt. Magda Muller, polisiewoordvoerder.

Volksblad verneem hulle was onderweg na ’n Macufe-konsert.

Die 20-jarige man wat in die passasiersitplek gesit het, is op die toneel dood. ’n Familielid van hom met wie Volksblad gister gepraat het, het versoek dat sy naam nie gepubliseer word nie, omdat hulle nog sukkel om sy ouers in die hande te kry om hulle van sy dood te verwittig.

Die 23-jarige bestuurder van die motor, asook ’n 15-jarige seun, Thembiso Gxalatane, en nog ’n man van vroeg in die 20 jaar, mnr. Mabuthi Kaloli, wat op die agtersitplek gesit het, is na die Pelonomi-hospitaal vir behandeling gebring.

Hulle is deur paramedici van onderskeidelik ER24 en die Life-Rosepark-reaksie-eenheid op die toneel behandel.

Hulle was almal in ’n ernstige maar stabiele toestand.

Volgens Muller word ’n klag van strafbare manslag ondersoek.

Die vier mans is almal van Uitsig, Bloemfontein.

Me. Carolize Buys, wat die ongeluk gesien gebeur het, sê alles het baie vinnig gebeur.

“Ek en my pa het gaan rugby kyk. Al wat ek weet, is die motor het ons motor byna getref. Dit het my weer laat besef hoe maklik so iets met enigiemand kan gebeur.”

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer